Beurtkrag: ‘Regering het nie misluk,’ sê Ramaphosa

Pres Cyril Ramaphosa (Foto: @PresidencyZA/Twitter)

As dit van hom afgehang het sou pres. Cyril Ramaphosa kragskepe na Suid-Afrika laat kom het vir die opwekking van noodkrag terwyl ander alternatiewe ingestel word.

Volgens Ramaphosa het ander lande dit al met groot sukses gedoen, maar is daar in Suid-Afrika ʼn stokkie voor die plan gesteek weens verskeie hofsake en dispute, onder meer weens kommer oor of dit aan omgewingswetgewing voldoen.

Karpowership het reeds in Maart 2021 die tender gekry om elektrisiteit ingevolge die land se noodopwekkingsplan te lewer. Die maatskappy wil sy kragskepe – wat elektrisiteit van gasaangedrewe kragsentrales op skepe lewer – by Richardsbaai aan die Ooskus, Coega aan die Suidkus en Saldanhabaai aan die Weskus, vasmeer.

Die maatskappy se pogings maak egter stadige vordering weens hofsake en heftige teenkanting. Die voorstel is dat ʼn tien jaar lange ooreenkoms met Karpowership aangegaan word vir die lewering van noodkrag. Die lengte van die kontrak is een van die grootste bronne van kommer.

Ramaphosa is dus van mening dat die regering se planne vir noodkrag in die wiele gery word deur ingrypings wat buite sy beheer is.

“Ek glo dit is die regte pad om nou te volg terwyl ons wag vir die konstruksie van ander hernubare bronne.”

Tog glo Ramaphosa steeds die einde van beurtkrag behoort binnekort in sig te wees. Daar word volgens hom groot werk deur die regering van die kwessie gemaak. “Ek ontken ten sterkste dat ons heeltemal misluk het om hierdie krisis te hanteer.”

Volgens Ramaphosa werk die nasionale energieplan, maar was daar onvoorsiene probleme soos die energiebeskikbaarheidsfaktor wat verder afgeneem het, drie Kusile-eenhede wat uit diens gestel is en ander eenhede wat ook die gees gegee het. Daar is wel verskeie ander inisiatiewe aan die gang om nuwe opwekkingskapasiteit te kry.

Kgosientsho Ramokgopa (Foto: GCIS)

Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, het sy hande vol met die elektrisiteitskrisis en volgens Ramaphosa het hy die nodige mandaat om sy werk te doen. Daar is ook noue samewerking met die minister van energie en openbare ondernemings.

Op ʼn vraag aan Ramaphosa oor hoekom die regering appelleer teen die Pretoriase hooggeregshof se uitspraak dat alle openbare hospitale en klinieke, skole en polisiestasies van beurtkrag vrygestel moet word, het die president gesê dit gaan daaroor om die kragnetwerk te beskerm en te keer dat dit ineenstort.

Beurtkrag het ten doel om die kragnetwerk stabiel te hou en is ʼn laaste uitweg. Volgens Ramaphosa is die energiebeskikbaarheidsfaktor tans onder 50% en dit is vanuit ʼn ingenieursoogpunt nie moontlik om al hierdie instellings van beurtkrag vry te stel nie.

Die regering se appèlaansoek het dus ten doel om te verseker dat daar beter begrip kom dat dit onprakties is en dat dit gedoen word om die kragnetwerk teen ineenstorting te beskerm.

Volgens Ramaphosa is hy nog nie van enige bewyse voorsien dat ʼn senior politikus of kabinetslid by korrupsie in Eskom betrokke is nie. Enigiemand wat bewyse in die verband het, moet dit aan wetstoepassingsagentskappe oorhandig. Daar is volgens Ramaphosa ook al aansienlike vordering deur wetstoepassingsagentskappe gemaak om misdaad en korrupsie in Eskom te pak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Raadsman ·

Teen die tempo wat Ramaphosa besluite neem, moet hy 3 termeine staan om een besluit te maak.
Dit beteken in sy 3de termain sal ‘n krag skip eers in SA anker gooi.

Herman L ·

Hy verwag bewyse voordat hulle iets doen want hy is nie ‘n poliesman nie. Is de Ruyter dan ‘n een? En as iemand wel bewyse bring word hy/sy doodgeskiet.

Heinrich ·

Die ANC dink mos as ‘n leuen lank genoeg herhaal word, moet seker ‘n waarheid wees.

melaney ·

Hoe kan cyril verwag enige regdenkende mens sal teenoor hom respek toon wanneer hy sulke kranksinnige uitbarstings openbaar?

Johan ·

Wat van permanente oplossings soos die 40GW wat by die Congo Rivier opgewek kan word of die mikro kernkrag sentrales wat net wag dat die regering internasionale kern veiligheids verdrae aangaan? Of dat Indië in 2jaar se tyd die grootste steenkool (waarvan ons baie het) kragstasie op die planeet kon oprig.
Dit is seker n “te permanente” oplossing wat min ruimte laat vir geld verduister.

Amelia ·

wat van die sonpanelle of sal dit ook gaan soos in frankford as elke munisipaliteit eie pannele opsit o nee dan kry die klomp nie geld nie

Anel ·

Ha,ha,ha. Van watter planeet het hy nou geland? Genade, dat ‘n president nou soveel twak kan kwyt raak! Wonder hoeveel het hy al ontvang van die kragbote,? Nou moet hy seker terugbetaal!!!! Hoe dom dink hy is die mense van Suid Afrika????

Windhond ·

Ons word nou goed in n hoek gedruk, hy en sy ANC weet dat ons binnekort sal soebat dat hy sy 3 skepe sal inbring om die “Krag Krisis” te oorwin anders kan ons maar boedel oorgee want die ekonomie kan nie enige meer skade vat sonder om in duie te stort nie – en dan sal die ANC soos helde vereer word deur die massas ongeletterde kiesers , wat dan volgende jaar by die stembus die ANC sal versterk en in beheer hou van die verotte geraamte van wat RSA was

domheks ·

16 jaar is daar al probleme om krag te lewer en cANCer het nog die ‘n oplossing nie! Daar sal NOOIT ‘n oplossing wees nie. Hulle wil dit so he.

Matmiet ·

Nou wat is jou definisie van misluk Rampies? Want dit lyk my as alles omgeval het en die mense van Suid Afrika boer elkeen op sy lappie met kool, 3 hoenders en ‘n bok soos voor Jan wat altyd die skuld kry en soos die tyd toe ons nog elektrisiteit gehad het, sal jy dit ook nie sien as milsluk nie – miskien is dit wat jy wil hê…

Papsak ·

Ag asb Ramaphosa jy en jou regering het misluk erken dit net julle en jou elektriese minster is eenvoudig julle kan nie hierdie orobleem reg ruk nie regtig hou op julle sekf wys maak julle kan julle pateties

Nettie ·

Hy SELF het ons so 5+ jaar terug belowe dat beurtkrag binne 18 maande iets van die verlede sou wees. Nou sê hy hulle het NIE misluk nie? Ek wonder wat is sy idee van die woord “misluk”. Volgens my begrip, het hulle liederlik en klaaglik en onbetwisbaar gefaal om krag aan Suid-Afrika te voorsien volgens die mandaat aan hulle gegee.

Hennie ·

Ja hulle het nie misluk nie, hulle probeer alles in hulle vermoë om die hele Suid Afrika te dekoloniseer en vaar baie goed daarin.

Blomkind ·

Die dag toe Suid Afrika begin het met “Loadshedding” toe die regering al misluk.

Rocco ·

‘Loadshedding’ is ‘n ANC term. Suid Afrika se elektrisiteitverskaffing is nie genoeg vir die land nie. ‘n Produk van die onbevoegde ANC regering.

Isobel ·

Agge nee dit is nou n pot nonsens. Natuurlik het die regering hopelik misluk. Hulle hou om die foute toe te smeer en intussen is alles in die land n gemors. Ek kan nie sien dat die regering die krag krisis gaan op los nie. Dit is net al te ver heen en n gemors. Ons is voos gebeurt krag.

Nico ·

Die president moet wakker skrik en die lekker koffie geur inasem of drink hy net tee, slaaptyd is verby.

Nie Verbaas ·

Ramaphosa, die cANCer in geheel is n totale mislukking. Julle besit ongelukkig nie eers die vermoë om n padstal te bestuur nie.

Adele ·

Ag regtig! Keep telling yourself that!! Gaan kyk by jou venster uit en maak jou oë oop vir die werklikheid en vat verantwoordelikheid Meneer die President!

Minnie ·

Ag asb ! Ha ha
Kan iemand nie asb die man inlig dat meeste van ons SA mense het meer as 10 breinselle nie.
Klink my hy het nie n idee hoe ernstig die kragprobleem is nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.