Myeni, wat nou uit alle direkteurskappe moet bedank, het aangevoer dié posisies is haar enigste bron van inkomste.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "outa"
Outa terug in hof teen ‘misdadige direkteur’ Myeni
Myeni, glo ʼn noue bondgenoot van oudpres. Jacob Zuma, was tussen 2012 en 2017 voorsitter van die SAL.
Einde in sig vir e-tol?
Duvenage sê hy meen Sanral het vrede gemaak met die feit dat die stelsel eenvoudig nie gaan slaag nie. “Burgerlike opstand daarteen het die stelsel in duie laat stort. Boonop behels dit wetgewing wat bloot nie afgedwing kan word nie.”
Asbesondersoek: Inhegtenisnemings verwelkom, koppe geëis
“Dit is ʼn bewys dat die wiele van geregtigheid begin draai.”
Rybewyse: Verleng periode; staak boetes
“Dit is veral kommerwekkend dat wetstoepassers padblokkades oprig om motoriste voor te keer wie se rybewyse en motorvoertuiglisensies verval het, selfs al is hulle bewus daarvan dat daar min moontlikhede vir motoriste bestaan om dié dokumente te hernu.”
Dudu Myeni tot misdadige direkteur verklaar
Myeni mag binne drie jaar aansoek doen om die beslissing ter syde te laat stel.
OB wéér hof toe gesleep
Die Openbare Beskermer weier glo om inligting oor die aankoop van vier ampsmotors vir David Mabuza bekend te maak.
Myeni sink ooreenkoms wat SAL kon red
Die ooreenkoms sou SAL glo ‘n jaarlikse wins van R1,4 miljard in die sak bring.
Outa eis antwoorde oor miljoene vir ‘haglike’ ablusiegeriewe by skole
Outa sê die bevindings van dié besoek is net die oortjies van die seekoei wat betref sy ondersoek na die Nasionale Loterykommissie.
Teleurstelling oor regering vasklou aan ‘e-tol-mislukking’
Die minister van finansies, Tito Mbowni, se aankondiging oor die e-tolstelsel het groot reaksie ontlok.
Nuuskommentaar: Tel die seëninge; wysheid met keuse by vurk in die pad
Burgerlike instansies soos Freedom Under Law, die Solidariteit Beweging, Outa en ander werk hard daaraan om ’n lewensvatbare resep vir die “toksiese mengsel” te vind – dat die regte keuses gemaak word waar die pad vurk. Intussen, fokus daarop om die seëninge te tel. En bring jou kant waar jy kan.
Mbalula vergader met organisasies oor e-tol
Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër vandeesmaand ʼn taakspan aangestel om ʼn oplossing vir die krisis oor die e-tol‑stelsel te vind.
Outa wil Aarto-wysigingswet daag
Outa is onder andere besorg dat die nuwe wetgewing gebruik sal word om Gauteng-motoriste te dwing om e-tol te betaal – deur dit ʼn oortreding te maak om padtekens te ignoreer, wat borde insluit waarop e-tolkoste aangedui word.
E-tol ‘nie deel van Gauteng se toekoms’
“Ons is selfs bereid om as provinsiale regering by te dra om te verseker dat e-tol geskrap word. Daar is nou geen omdraaikans nie.”
‘SA se oliereserwes vir eers veilig’ sê Outa
Tussen Desember 2015 en Januarie 2016 is Suid-Afrika se strategiese oliereserwes aan verskeie maatskappye verkoop glo sonder dat die nodige prosesse gevolg is.
Outa het alternatiewe idees vir e-tolprobleme
Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa), wat teen e-tol gekant is, het die regering Dinsdag versoek om ander moontlikhede te oorweeg om die Gautengse snelwegverbeteringsprojek (GFIP) te finansier.
Outa vra dat Dlamini ondersoek word
“Voormalige min. Dlamini het haar mag misbruik deur openbare geld te vermors en met 17 miljoen van Suid-Afrika se mees kwesbare inwoners se lewe te dobbel.”
Makhosi Khoza gaan nou belastingmisbruik beveg
“Khoza het op eie risiko ʼn ikoon vir waarheid, geregtigheid en goeie regering geword.”
SA is op die rand van ʼn kernkrag-afgrond
Die ANC het planne om seshonderd miljard rand (ander berekeninge plaas die syfer op eenduisend miljard) êrens uit te krap vir nuwe kernkragstasies. En dit terwyl ons (a) nie die krag nodig het nie en reeds met ʼn Eskom-oorskot van 10% sit en (b) daar internasionaal sterk stemme opgaan teen die nadele van kernkragstasies.
Mahlobo net die man vir Zuma se kernkragplan
Dit laat ʼn mens vra: Wat kan gewone Suid-Afrikaners tog doen ten opsigte van ʼn kernkragplan wat lyk of dit eenvoudig oor die land se ekonomie gaan stoomroller?