Die verkeersbeampte is ses jaar tronkstraf opgelê vir korrupsie.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "korrupsie"
Nog twee vas oor beweerde tenderkorrupsie by Mogalakwena
Die Valke het reeds 13 mense aangekeer in verband met die korrupsieondersoek ten bedrae van miljoene.
DA pak wet vir nuwe hoofstuk 9-instelling
Dié instelling sal bekend staan as die teenkorrupsiekommissie.
50 jaar tronkstraf vir polisieman wat dossier smous
De Bruin is intussen afgedank by die polisie.
Aanklaer gevonnis vir korrupsie
Die staatsaanklaer het geld van ʼn beskuldigde geëis om die aanklag teen hom te laat vaar.
Lesufi moet opsy staan of geskors word – EUSA
“Ons neem kennis van die uitsoekerigheid waarmee die regering korrupsiekwessies takel. Alle misdadigers wat staatsgeld plunder, moet ewe streng behandel word.”
Drie Mpumalanga-hoës in hof oor korrupsie
Een van die beskuldiges is die waarnemende direkteur van openbare vervolging in die provinsie.
Oud-verkeershoof skuldig aan korrupsie, bedrog met lisensies
Hy voer aan hy is onder druk geplaas om by die bedrieglike bedrywighede betrokke te raak.
Corruption Watch ontvang naasmeeste klagtes ‘sedert ontstaan’
Die organisasie sê die meeste klagtes verlede jaar is oor die polisie en diegene in die gesondheidsektor ontvang.
NVG wil hofbesluit oor Bongo laat omkeer
Bongo, ʼn oudminister, is van omkopery beskuldig, maar in die hooggeregshof kwytgeskeld.
Ramaphosa oor Covid-19-korrupsie: ‘Net span stywer’
Die land se ervaring rakende die verkryging van noodsaaklike voorrade en dienste tydens die nasionale ramptoestand is ʼn skandelike hoofstuk wat deeglik moet afgesluit word, het Ramaphosa gesê.
Ondersoek na Covid-19-bedrog ‘moet politici insluit’
“Dit val ook op dat geen hoëprofielpolitikus volgens die SOE by ongerymdhede betrokke is nie en slegs amptenare tot dusver by die ondersoek betrek is.”
SA so korrup soos voorheen, wys indeks
“Die openbare vertroue in die regering het drasties afgeneem nadat dit aan die lig gekom het dat Covid-19-hulpbronne blatant misbruik word.”
Senior aanklaer vas wat glo dossier ‘laat verdwyn’
Een van die slagoffers het hom glo R25 000 betaal sodat ʼn dossier oor dronkbestuur vernietig kan word.
Byna helfte van jonges beskou ‘geld vir tender nie as korrup’
Gedwing deur gewetelose amptenare om omkoopgeld te betaal of seksuele gunste te doen om te kry wat hulle nodig het, loop hulle die gevaar om korrupsie te begin beskou as aanvaarbare praktyk om goedere of dienste te bekom, vorentoe te gaan in die lewe, of gevolge te systap.
Kaapse egpaar gevonnis wat Saru uit miljoene bedrieg
Berenice Knockpaal het die betalings wat sy namens Saru moes doen, in haar man se bankrekening inbetaal.
‘Covid-korrupsie’: Hoës by nasionale laboratorium geskors
Die nasionale gesondheidslaboratoriumdiens (NHLS) se hoof van voorsieningskettingbestuur en finansiële hoof is saam met ander personeellede geskors nadat ʼn forensiese ouditverslag hulle by moontlike wangedrag betrek het.
Sewe van polisie kry trekpas oor beweerde korrupsie
Die groep word ook strafregtelik vervolg.
Durban-stadsbestuurder se vrou ook vas vir korrupsie
Bagcinele Cynthia Nzuza (51), die vrou van die stadsbestuurder van die eThekwini-munisipaliteit Sipho Nzuza, het Dinsdag in die Durbanse handelshof verskyn op aanklag van korrupsie.
Covid-19: Twee derdes van staat se besteding dalk korrup
Wetstoepassingsagentskappe se terugvoer oor ondersoeke na besteding van die staat se Covid-19-noodfondse skets ʼn donker prentjie van korrupsie.