Sommige van die toelae het in die sakke van gevangenes, dooies en begunstigdes sonder geldige ID-nommers beland. Ander toelae is weer inbetaal in die rekeninge van begunstigdes wie se bankbesonderhede ooreenstem met dié van WVF-amptenare.
Alles vir die sleutelwoord "korrupsie"
Skerpioen-angel gou terug, belowe Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagmiddag in die Nasionale Vergadering die sterkste aanduiding tot dusver gegee dat ʼn teenkorrupsie-eenheid geskoei op die ontbinde Skerpioene deur die regering ingestel gaan word.
‘Stuur hulle tronk toe, pres. Ramaphosa’ – DA
Steenhuisen sê hy gaan nou ʼn lys saamstel van elke ANC-lid en staatsamptenaar wat bewerings van korrupsie in die gesig staar en dit aan Ramaphosa voorlê.
Korrupsie: ANC ‘beskuldigde nommer een’
“Wat die grootste woede veroorsaak het, is dat daar maatskappye in die private sektor en indiwidue – ook staatsamptenare – is wat ʼn ernstige mediese, maatskaplike en ekonomiese krisis uitbuit om hulself ten onregte te verryk.”
Korrupsie-ondersoek: Kroeg, motorwassery, selfs bakkery kry Covid-19-tenders
Talle van die kontrakte is glo aan mense met politieke bande of hul onmiddellike familie en vriende toegeken.
Vyf senior VS-amptenare in hof oor bedrog van miljoene
Vyf senior regeringsamptenare in die Vrystaat is op borgtog vrygelaat nadat hulle in die Bloemfontein-streekhof verskyn het op aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery van meer as R245 miljoen.
Kenners, politici betwyfel Ramaphosa se plan teen korrupsie
Die president se sameroeping van die kabinetskomitee word as ʼn politieke maneuver beskryf.
Angie Motshekga kap terug na bewerings van korrupsie
“Die aantygings is absoluut onwaar en heeltemal kwaadwillig.”
‘Mkhize besit g’n ʼn fabriek wat PPE’s vervaardig’
Die departement van gesondheid sê hy sal nie huiwer om stappe te doen teen diegene wat fopnuus versprei nie.
Nuuskommentaar: Die ANC se skynheilige korrupsie-klaaglied
In Augustus vanjaar vier die Zondo-kommissie sy tweede bestaansjaar. Twee jaar, 245 sittings en R700 miljoen later met nie een vervolging om daarvoor te wys nie.
Cosatu kasty Ramaphosa en sy administrasie
“Die president moet ferm optree en bewys dat sy administrasie nie ’n magtelose voëlverskrikker met rubbertande is nie.”
Armstes dra swaarste aan korrupsielas in gesondheidsektor
Hooggeplaaste staatsamptenare in bestuursposte word die meeste van korrupsie beskuldig, gevolg deur administrateurs, dokters en verpleërs.
Misdaadklagte teen hoofde van twee waterrade
Min. Lindiwe Sisulu het reeds albei rade onder administrasie geplaas, Lepelle se direksie ontbind en Amatola se uitvoerende hoof geskors.
Egpaar vas ná miljoene by munisipaliteit voete kry
Nog twee verdagtes is intussen in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog en korrupsie.
Herrie oor vertroulike e-posse in Zuma-saak
Die staat wil glo die korrupsie-verhoor uitstel sodat die klagstaat gewysig kan word.
Sprake van korrupsie by staatsdrukker
Die waarnemende uitvoerende hoof van die staatsdrukker word in korrupsie en wanadministrasie geïmpliseer.
Talle amptenare van waterwese ‘korrup’
Verskeie amptenare word tans krimineel aangekla, selfs nadat hulle bedank het.
Advokaat moet korrupsie, bedrog by waterdepartement ondersoek
Waterverwante projekte van meer as R16 miljard is glo die afgelope ruk onreëlmatig toegeken – in sommige gevalle aan amptenare self.
Twee speurders vas vir beweerde korrupsie
Die twee het glo omkoopgeld van ʼn man geëis in ruil daarvoor dat hulle hom nie in hegtenis neem nie.
4 polisiebeamptes in hof ná sakeroof
Die polisiebeamptes word deur ’n rits ernstige aanklagte in die gesig gestaar.