Die oudpresident beskuldig Ramaphosa in ’n brief daarvan dat hy geld van “wit monopoliekapitaal” ontvang het.
Lees meerAlles vir Vrydag 28 Augustus 2020
Estina-suiwelprojek: OB kry wéér bloedneus
“Die OB het nou alle moontlikhede uitgeput om te verhoed dat senior politici betrokke by die omstrede Estina-suiwelprojek aanspreeklik gehou word.”
ANC vra Gumede om ‘terug te tree’
Gumede sal egter steeds haar volle salaris ontvang.
Arbeidshof staan bevel teen Denel toe
Dít volg nadat die wapenvervaardiger nie sy verpligtinge teenoor werkers ingevolge ʼn hofbevel nagekom het nie.
ToekomsVenster: Covid-19 sal ook verbygaan
God is groter as alles en almal. Luister hoe hierdie verse hoop laat opvlam.
Man op KZN-plaas vermoor
Vyf verdagtes het ’n deur van die plaashuis oopgebreek.
Japanse premier bedank weens swak gesondheid
“Ek moet teen die siekte baklei.”
Aanlyn leer is hier om te bly
Ongeveer die helfte (50,3%) van onderwysers wat aan ʼn onlangse meningspeiling van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum deelgeneem het, meen aanlyn leer is nou in skole gevestig.
Geregtigheid vir vermoorde Delvina
Reagan Zietsman het vroeër vandeesweek skuldig gepleit op die aanklagte teen hom.
Militêre polisielid steel glo Transnet-koperkabels
ʼn Staatsvoertuig is glo gebruik ten tyde van die misdaad.
Weermaglede verhoor wat glo by militêre basis inbreek
Twee weermaglede is in April in hegtenis geneem nadat hulle glo in Desember 18 R4-gewere en drie vuurwapens uit die Lyttelton-weermagbasis in Pretoria gesteel het.
Gratis e-boek wil jonges inspireer
“Die boek spreek tot die hart van tieners en studente. Die hoofkarakters se gedagtes gee ook ouers en onderwysers ʼn blik op die emosies waarmee jongmense worstel.”
Man val na sy dood tydens staptog
’n Soektog het teen laat Donderdagaand nog niks opgelewer nie.
Denel-afgradering ‘teleurstellend, maar geen verrassing’
Die graderingsagentskap Fitch bevraagteken Denel se vermoë om sonder voortgesette regeringsteun voort te bestaan.
Vermeende plaasmoordenaar dekade later vas
Die voortvlugtende word daarvan verdink dat hy 11 jaar gelede die boer met ʼn das verwurg het.
Kragvermindering: Oorwinning vir inwoners van Parys, Standerton
Van die inwoners het daagliks tussen ses en tien ure lank sonder elektrisiteit gesit.
Internasionale oorsig: Spanning tussen VSA en China duur voort
In die aflewering word daar onder meer gekyk na die spanning tussen die VSA en China wat voortduur, die Russiese opposisieleier wat in ʼn koma is nadat hy vergiftig is, Swede wat staan by sy pandemiestrategie en Griekeland wat alweer ontevrede is met Duitsland.
Drie vas vir honderde gevalle van kaartbedrog
Die gekloonde kaarte is onder meer gebruik om derduisende rande by kitsbanke te trek.
Massa-optog: Een miljoen wil hande vat teen SA regering
Die optog vind op 5 September plaas en sal selfs inwoners van ander lande betrek om teen korrupsie in Suid-Afrika op te staan.
Tientalle oorsese universiteite vry na jong Pretoriase atletieksensasie
“God het soveel mense op die regte tyd en plek in my lewe gebring wat bygedra het tot die atleet wat ek vandag is.”