Drie vas vir honderde gevalle van kaartbedrog

(Foto: Maroela Media)

Die Valke het vandeesweek drie mans in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle glo bankkaarte gekloon het. Dit is die tweede keer wat dié drie in hegtenis geneem is.

Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, sê die verdagtes word aan 233 klagtes van bedrog en 334 klagtes van die oortreding van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies (ECT) sowel as die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (POCA) verbind.

Volgens Hani is die gekloonde kaarte glo in twee transaksies by twee vulstasies in Botswana gebruik. Die res van die bedrieglike transaksies is by kitsbanke in die Kaapstad-omgewing uitgevoer – onttrekkings van R230 000 in totaal.

Hani sê die drie verdagtes, tussen die ouderdomme van 40 en 51 jaar, is die eerste keer op 21 Augustus 2013 in hegtenis geneem nadat talle kaartkloneringstoestelle en vervalste bankkaarte in hul besit gevind is. Die hof het die klagtes teen die verdagtes teruggetrek terwyl die ondersoek voortgeduur het.

“Nuwe inligting het later aan die lig gekom wat daartoe gelei het dat die Valke ʼn dagvaarding teen die drie verdagtes uitgereik het,” vertel Hani.

Die verdagtes sal na verwagting op 7 Oktober in die handelshof in Bellville in die Wes-Kaap verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nie Verbaas ·

Daar het jy dit. Klagtes eerste keer terug getrek. Wel gedaan regstelsel. Saak seker aangehoor deur onbevoegde ANC kaders.

Danie ·

Praat ons hier van dieselfde onwettige immigrante?
Wat hoeveel jaar later steeds in die land is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.