Mynreus BHP wil Anglo dalk oorneem

Anglo Gold. (Foto: X/Waldo Swiegers/Bloomberg)

Die Britse mynboureus Anglo American het bevestig dat hy ʼn oornamebod van sy groter Australiese mededinger BHP “hersien”. Die transaksie word as een van die sektor se grootstes in jare beskou.

Anglo American het nie die prys van die “ongevraagde” nie-bindende aanbod bekend gemaak nie. Dié besonderhede moet voor die spertyd van 22 Mei bekend wees.

BHP se aanbod sal egter afhang van Anglo American se opdeel van sy platinum- en ysterertsbedrywighede in Suid-Afrika.

BHP, wat in Australië gesetel is, voer aan hy is die grooste mynmaatskappy ter wêreld met ʼn markwaarde van sowat $148 miljard (Amerikaanse dollar). Anglo American se waarde word op sowat $36 miljard beraam.

“Die direksie hersien tans hierdie voorstel in oorleg met sy raadgewers,” het Anglo American in ʼn verklaring gesê.

“Daar is geen sekerheid dat enige aanbod gemaak gaan word nie en ook nie oor die voorwaardes waarop so ʼn aanbod sou berus nie,” lui Anglo se verklaring.

BHP wou nie kommentaar lewer nie.

BHP het onlangs gebuk gegaan onder dalende nikkelpryse sowel as regskoste wat verband hou met ʼn 2015-mynramp in Brasilië.

Anglo American het op sy beurt vroeër vanjaar planne aangekondig om duisende poste na aanleiding van sy kwynende platinum-bedrywighede in Suid-Afrika te sny.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

koos ·

Sal goeie ding wees, anglo se leierskap het die afgelope twee dekades van sleg na pateties gedaal. Eens ‘n grootse maatskappy, nou ‘n skande van ‘n mishoop.

Leona ·

Ek hoop almal besef dat Australië reeds n sosialistiese polisie staat is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.