Vermeende plaasmoordenaar dekade later vas

Oscar Mashiloane (42) (Foto: Verskaf

ʼn Vermeende plaasmoordenaar wat na bewering sowat 11 jaar gelede ʼn bejaarde boer op sy plaas in Settlers in Limpopo vermoor het, is Dinsdagaand in hegtenis geneem.

Oscar Mashiloane (42) word daarvan verdink dat hy 11 jaar en sewe maande gelede Hannes Prinsloo (84) se plaas in die Kalkbult-distrik in Settlers betree en hom met ʼn das verwurg het. Hy het glo ook kontant en selfone gesteel.

Mashiloane is met die moord verbind nadat sy vingerafdrukke op die toneel gevind is.

Speurders van Bosveld-misdaadondersoeke (BMO) het saam met die Bela-Bela-speurdiens en die polisie se misdaadintelligensie-eenheid in Modimolle gewerk om dié voortvlugtende na al die jare vas te trek.

Volgens oudkol. Sakkie Louwrens, stigter van BMO, is Mashiloane Dinsdagaand om 23:50 in ʼn sinkhuis in Stoffelpark, Mamelodi, aangekeer.

Mashiloane het Woensdag in die landdroshof in Bela-Bela op aanklagte van moord en gewapende roof verskyn. Hy sal in aanhouding bly totdat hy volgende week Woensdag weer in die hof verskyn.

Louwrens het aan Maroela Media gesê daar word vermoed Mashiloane was ook by ander misdade gedurende sy tyd as voortvlugtende betrokke.

Die sinkhuis in Mamelodi waar hy aangekeer is (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Chantel ·

Welgedaan aan hierdie speurders wat onverpoos voort soek na die misdadigers.

Maryna ·

Verbeel ek my of word hierdie ou sake nou die een na die ander opgelos? Well done, dis gerusstellend om te weet daar word nie opgegee nie!

Gawie ·

Die laaaaang arm van die gereg!
Mooi so aan al die betrokkenes!

Androclus ·

Die wiel draai stadig maar draai,draai hy.Hy’t seker al gedink hulle het daardie saak uitgegooi,dink net vir so ‘n lang tyd.

AmY ·

As hulle hom destyds al gevang het, was hy dalk al weer op vrye voet gewees.
Goeie werk Speurders!!!

Johann ·

En dan gaan hy seker op R5 borgtog uitkom? Of soos sy taxi drywer pel wat TWEE mense se.dood veroorsaak het met n R6000 boete per moord wegstap?

Gerrit ·

Baie dankie aan die hele span wat saamgewerk het om na soveel jare die eerste van my skoonpa se moordenaars op te spoor en te arresteer. Ons glo sy mede moordenaar word ook gou aangekeer. Dit krap weer ou wonde oop maar nou kan ons as familie dalk berusting kry. Op Pa se 96 ste verjaarsdag is hy aangekeer. RIP

Maria M S ·

Gerrit, dit moet gesien word as n boodskap vanaf ons Hemelse VADER, mag julle daardie vrede vind, wat alle menslike verstand te bowe gaan.
Baie sterkte.

Flip ·

Hoekom word sy gesig nie gewys nie? As dit n wit persoon was wat beskuldig word dat hy/sy die k woord gebruik het was sy/haar foto van gesig oral.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.