Die minister van samewerkende regering, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, het uiteindelik die regulasies uitgereik vir mense wat wil verhuis.
Lees meerAlles vir Donderdag 7 Mei 2020
Nog 8 pasiënte in SA sterf weens Covid-19
Die aantal bevestigde gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika het ook nou tot meer as 8 000 gestyg.
Luister: Griekwagebed – Pryslied
“Vedag prysag ekkie Jirre hie in my siel,
my hart dans van blygeit hom eige riel!”
Kom luister saam na ‘n pryslied van Maria, voorgelees deur Veronica Geldenhuys.
Lesotho se eerste minister tree dalk al dán af
Druk word op die eerste minister geplaas om te bedank sedert hy vroeër vanjaar van die moord op sy vervreemde vrou aangekla is.
Parlement oorweeg ander platforms ná porno-skok
Toe die vergadering moes begin, het lede van die publiek wat op Zoom ingeskakel het, pornografiese beelde vertoon en kru taal gebruik, asook rassistiese opmerkings teen Modise gemaak.
2 dood, 1 kritiek ná trompop botsing
’n Deel van die motor was onder die vragmotor vasgekeer.
8 vas oor daggalab in Bloemfontein
’n Verdagte is intussen in hegtenis geneem nadat hy glo mandrax-tablette vanaf Johannesburg na George vervoer het.
VF Plus begin eie fonds om SEB teen te werk
Die VF Plus se standpunt is dat velkleur nie gebruik kan word as ʼn veralgemeende aanduiding van minderbevoorregting nie.
Covid-19-samevatting: Kliniekverpleegster toets positief
ʼn Vrou het intussen op ʼn repatriasievlug geboorte gegee.
ToekomsVenster: Rompslomp
Rompslomp maak dat ʼn mens nie aan die gang kan kom met dit wat regtig van belang is nie. Die vraag is in watter mate ons eie persoonlike rompslomp ons verhinder om God se bedoeling met ons lewens te bereik.
‘Rowers’ in noorde van Pta doodgeskiet
Die bende het sedert die staat van landwye afsondering oënskynlik van transitorooftogte na rooftogte by winkels oorgeskakel.
Diskriminasie: Solidariteit gaan regering by VN aankla
Solidariteit wil met dié klag normale rasseverhoudings en gelykheid voor die reg van die regering eis.
Kreatiwiteit, innovasie en denkvoorkeure in ’n pandemie
Dr. Kobus Neethling het met Maroela Media gesels oor kreatiwiteit en innovasie in die Covid-19-pandemie. Sy span het ʼn interessante analise gedeel van hoe die verskillende denkvoorkeure in ʼn breinprofiel na die Covid-19-pandemie kyk.
Taalgebruik: inteendeel, trouens
Maak seker jy gebruik “inteendeel” en “trouens” altyd reg.
Die wêreld in foto’s – 7 Mei 2020
Só lyk die afgeskaalde replikas van toeristebestemmings van oor die hele wêreld.
Afleggings by SAL nou in hof se hande
Die vakbonde voer aan die sakereddingspraktisyns het nog geen sakereddingsplan voorgelê nie en die afleggingsproses is gevolglik onregmatig.
Net handvol kleinsakeondernemings kry hulp
Die meeste kleinsakeondernemings het aangedui dat hulle reeds ʼn kontantvloeikrisis ondervind, of binnekort een gaan ondervind.
‘Covid-19 gaan einde van ANC beteken’ – SAIRV
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) voorspel dat die regerende party binne die volgende dekade onttroon sal word.
Gilde vir maatskaplike werkers eis duidelikheid oor skenkings
“Die laaste ding wat hulle kort, is dat die regering ʼn swaar regulatoriese juk nou bo-op hulle plaas. Ons kan nie onder sulke krisisomstandighede toelaat dat die regering ʼn meulsteen om vrywilligers en passievolle maatskaplike werkers se nekke wees nie.”
Maharaj wil Proteas lei
“Toegegee, nie baie mense is daarvan bewus nie, maar diegene wat my goed ken, weet dat ek die Proteas in al drie formate wil aanvoer.”