Die wêreld in foto’s – 7 Mei 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale afstandhandhawing aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Hoewel internasionale toerisme ʼn knou gekry het, floreer die Wêreldpark in Beijing wat die wêreld na hul besoekers bring.

Só lyk die afgeskaalde replikas van toeristebestemmings van oor die hele wêreld.

ʼn Kind loop verby ʼn replika van die Verenigde State se hoofgebou by die Wêreldpark in Beijing. (Foto: Ng Han Guan, AP)

Besoekers loop verby ʼn replika van Egipte se Abu Simble-tempel in die Wêreldpark in Beijing. (Foto: Ng Han Guan, AP)

ʼn Pasgetroude paartjie poseer voor die Eiffeltoring in die Wêreldpark in Beijing. (Foto: Ng Han Guan, AP)

Kinders staan op ʼn replika van die Verenigde State se hoofgebou by die Wêreldpark in Beijing. (Foto: Ng Han Guan, AP)

Besoekers staan langs ʼn replika van die New Yorkse ikoon, die standbeeld van vryheid, in die Wêreldpark in Beijing. (Foto: Ng Han Guan, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.