Regering reik eindelik regulasies uit vir mense wat verhuis

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die minister van samewerkende regering, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, het uiteindelik die regulasies uitgereik vir mense wat wil verhuis.

Sy het in Donderdag se Staatskoerant verklaar die regulasies geld vir diegene wat nuwe huurooreenkomste gesluit of onroerende bates aangeskaf het. Die regulasies sluit ook die vervoer van huisraad in.

Alle verhuisings moet tussen 7 Mei en 7 Junie plaasvind en is tot verhuisings binne die grense van Suid-Afrika beperk.

Enigiemand wat wil verhuis, moet die tersaaklike vorm (wat ook in Donderdag se Staatskoerant vervat is) laat invul deur die bevelvoerder van ʼn plaaslike polisiekantoor. Voorts moet die persoon wat verhuis die koop- of huurkontrak byderhand hê as hulle reis.

Die huidige afsonderingsreëls vir private en openbare vervoer bly van krag vir mense wat verhuis, behalwe dat hulle oor die tersaaklike provinsiale, munisipale en distriksgrense mag reis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Fedup ·

Oh please. I hope she doesn’t expect a thank you. This is just crap that these people have such a hold on us. It’s time to end this.

Elize ·

Gaan ek nou my meubels kan kry wat by Biddulphs staan? Hoop regtig so

Andre ·

Ek dink dis tyd dat ministers en hul adviseurs afgeskaf word en kundiges aangestel word om hierdie noodtoestande te beheer.

Emily ·

Neem sy alweer die besluite.
Kan iemand haar vertel dat sy al oor aftree ouderdom is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.