Parlement oorweeg ander platforms ná porno-skok

Thandi Modise. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die parlement se inligtingstegnologie-afdeling het opdrag gekry om dadelik ander virtuele platforms as Zoom voor te stel vir virtuele sittings van portefeuljekomitees nadat Donderdagoggend se vergadering van die parlement se programkomitee deur vertonings van pornografie en die skree van kru taal gekaap is.

Die programkomitee staan onder voorsitterskap van die speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise, en word bygewoon deur alle politieke partye se hoofswepe asook amptenare van die parlement.

Toe die vergadering moes begin, het lede van die publiek wat op Zoom ingeskakel het, pornografiese beelde vertoon en kru taal gebruik, asook rassistiese opmerkings teen Modise gemaak.

Zoom laat enigiemand wat inskakel wel toe om deel te neem aan die gesprek, asook visuele aanbiedings (gewoonlik onder meer professionele PowerPoint-toeligtings) aan die res van die deelnemers te maak.

Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

Die veiligheidsfaktor is gewoonlik dat net die verwagte deelnemers oor die toegangskode beskik, maar dit is ʼn grondwetlike voorskrif dat alle Suid-Afrikaanse parlementêre sittings oop moet wees vir openbare deelname (binne die reëls van die parlement).

Deurdat die toegangskode vir parlementêre virtuele vergaderings vooraf in die openbare domein bekend gemaak is, is ʼn skuiwergat geskep vir mense van ʼn sekere morele peil wat dan ook Donderdag gebruik is.

Die vergadering is verdaag en op ʼn ander virtuele platform voortgesit. Die werk van die komitee is suksesvol afgehandel.

Die parlement se inligtingstegnologie-afdeling het dus nou opdrag om spoedeisend ʼn platform te vind waartoe die publiek toegang het, maar waaraan die publiek nie kan deelneem nie, in die hoop dat dit aan grondwetlike vereistes sal voldoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

marius ·

Grondwetlike vereistes waneer dit hulle pas ? Twee liter tippex op nugter maag en oorpluisies wetgewing , volg binnekort .

Eerlik ·

Sou ek nou graag n vlieg teen daardie muur wou wees…ha ha ha!!

Nici ·

Ek hoop hierdie regering doen vir eens die regte ding en verban hierdie seksuele geweld teen meisies en vroue. Dis ‘n tragedie. Engeland se seksuele geweld van kinders wat kinders verkrag het dramaties toegeneem agv internet pornografie. Dank die Vader dat daar nie meer vrye toegang is en Britse kinders beskermword teen ‘n bedryf vwat seksuele disfunkisie en egskeiding vererger.. Dis beslis geen grap as kinders ander kinders begin seksueel aanrand nie en dis ons voorland ook. Dalk sal dit goed wees om op te lees oor hoe hierdie bedryf human trafficking dryf en net dalk begin omgee en ophou lag.

Eerlik ·

Daar word nerens iets genoem van kinder pornografie nie! Niemand sien kinder pornografie as n grap nie, so moenie iemand persoonlik aanval op n media platform as jy nie jou feite het nie.

Loraine ·

Dieselfde het met ons maatskappy gebeur 2 weke terug. Rassistiese opmerkings geskree en porn gewys. Dit was nogal goed vir ons sosiale media want almal het gebuz daaroor

M ·

Eêêê whêê gêgêgêgêêê ….. auk …… wêna …………………

Frank ·

Oops, my kinders kry klas dmv Zoom. En daar is juis ‘n paar moeilikmakers op die groep…..

Fedup ·

I find this extremely hilarious. It took them long enough to really master virtual technology. Now, they were introduced to porn. Ai shame. Now, back to square one. lol

Leon ·

Vir die afgelope paar maande is al wat leef gewaarsku oor ZOOM, maar niemand in die regering het ag geslaan daarop nie. Nou pluk ons die vrugte. Wat weet die witman mos. Ons weet van beter. Die ANC se rassisme het nou weer hulle in die rug getseek.

Stanley ·

Dink liewers iemand het per ongeluk “share screen” gedruk.

Bushy ·

An Inconvenient Truth

Ongelukkig bring politiek nie die beste van mense na vore nie, dit geld nie net in Suid Afrika nie maar reg deur die wereld. Kyk vir Trump en Putin, hulle is sogenaamd wit maar met hul eie versteekte agendas. Hul werk net baie slimmer as ons eie huidige regering.

En gepraat van slim, dis beslis nie net n blanke eienskap wat so baie wil voorgee nie maar iets wat bestaan oor die hele mensdom.

Ek ken baie intelligente swart mense maar so ook baie dom Afrikaners en ander rasse.
Ons moet die problem aanspreuk en nie baseer op velkleur nie.
Daar is hordes swart en wit en kleurling ens. wat meer as bevoeg is om die land te regeer, organisasies beslis ingesluit.

Maar totdat die hordes van ongeregtighede en die misbruik en mishandeling van die massa minder bevoorregtes nie deur swart en wit en ander velkleure reggestel word nie, gaan ons maar die gevolge daarvan moet dra.

Ons gretigheid is ons eie grootste vyand en ons is te dom om dit te kan verstaan.

Bushy ·

ONS GRETIGHEID IS ONS EIE GROOTSTE VYAND EN ONS IS TE DOM OM DIT TE KAN VERSTAAN –

MET ANDER WOORDE –
Solank as wat die meerderheids groep van n land moet lei onder die gretigheid van die minderheid sal die meerderheid altyd stem om die verkeerde rede.
“The Silent Revenge of The Herd Mentality realized by the Masses”

benjamin ·

Onbeholpe mense in posisies waar hulle nie hoort nie.

Zoom kan “livestream” na facebook, youtube, en workplace, waar mense nie die tiepe gemors kan aanvang nie, geen rede om die hamer te vervang omdat jy nie weet hoe om n skyker in te kap nie.

Geen wonder ons land is in die posisie waar dit nou bevind word nie. Met onbeholpe mense soos die in leierskap posisies, is daar net een oplossing, selfbeskikking.

Niks fout met n nuwe “Groot Trek” nie, ek is verbind aan my kultuur en mense, nie n stukkie grond nie.

Eerlik ·

Die helfte sit altyd en slaap so ek is seker dit was n “wake-up call”!!

4ntj13 ·

Klink maar vir my effens dom dat die publiek die Zoom kode mag kry terwyl hulle nie veronderstel is om deel te neem aan die vergadering nie, maar net mag sien. Wat het hulle gekeer om die beeld en klank bloot lewendig op Twitter te deel??

Daardie belaglik duur IT rekeninge vir (nou) ooglopend stupid webblaaie behoort éintlik die skuld te dra. Ek glo Zoom het ongeregverdigde deelname aan vergaderings onlangs aangespreek. Iemand kan dalk duidelik maak wie nou die Parly vergaderings meer eksklusief moes maak. Dalk het Parly (of ANC) ʼn verskuilde agenda gehad…

Vonkprop ·

Dit is vrek snaaks hahahahaha. Sou so graag hulle reaksie wou gesien het.

Elmarie ·

Mens gryp nie na enige nuwe ding, sal hul leer, almal weet lankal Zoom is nie veilig maar nee…

J ·

Die ANC ploeter steeds voort van een fiasko na die volgende as gevolg van die onbevoegde ANC kaders wat daar ontplooi is.

Hoop die ANC word spoedig in sakeredding geplaas soos ál die ander mislukte staatsbeheerde instansies.

RB ·

AJ, om in sakeredding te gaan vereis dat daar volgens wet ‘reasonable prospect’ moet wees.
ANC sal dus nie kwalifiseer. Intern te vrot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.