Die verskaffers het glo die pryse van gesigmaskers met meer as 900% verhoog.
Lees meerAlles vir Dinsdag 12 Mei 2020
Beweerde baasbrein van bedrogsindikaat vas
Die verdagtes het glo aansoek gedoen om lenings by verskeie banke om voertuie aan te koop, maar dit nooit afbetaal nie.
Hof sê dán oor POF-prokureurs
Die POF voer aan hulle kan miljoene rande bespaar deur self eise teen die fonds teen te staan.
Luister: Griekwagebed – Die Jirre spannie jimmel
Luister: ‘n Griekwagebed, “Die Jirre spannie jimmel”, Voorgelees deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
Bek-en-klouseer: Oorsprong van uitbreking geïdentifiseer
Tot dusver is ongeveer 9 000 diere van aangetaste plase veilig van kant gemaak.
Covid-19: Ondernemings kan nou aansoek doen om hulplenings
Dié skema is ʼn regeringsinisiatief wat lenings aan ondernemings wat swaar trek weens die Covid-19-pandemie beskikbaar stel.
Wolkskool op die radio: Hoekom wetenskap?
Watter vakke sluit wetenskap in en wat maak dit spesifiek besonders? Volgens Celeste Labuschagne, ʼn Wolkskool-dosent, is natuurwetenskappe, lewens- en fisiese wetenskappe die een vak wat jou kinders besonder nader aan die skepping bring – van ʼn mikroskopiese vlak tot by die hemelruim.
VSA maak nóg ’n skenking aan SA
Die eerste besending van ventilators sal binnekort in Suid-Afrika aankom.
ToekomsVenster: Simbole wat aan God herinner
Die ganse werklikheid verkondig dat God bestaan en dat Hy oor alles troon.
Afsondering: Eskom wil armstes met gratis krag help
Teen die einde van Maart het 900 000 mense reeds vir dié gratis elektrisiteit geregistreer.
Die wêreld in foto’s – 12 Mei 2020
Só lyk Spanje ná die afsonderingstydperk.
Die einde van die Tweede Wêreldoorlog 75 jaar gelede
In praktyk was die oorlog in groot dele van Duitsland, veral in die Weste, reeds aan die begin van 1945 verby.
Ballito-video: Só het gebeure glo verloop
Beamptes het glo die betrokke oggend ’n klagte ontvang oor mense wat nie die afsonderingsregulasies nagekom het nie en op die strand was.
Riana Nel vier Verpleegsterdag met oorspronklike liedjie
Sy vertel sy het onlangs 79 verpersoonlikte liedjies geskryf, waarvan “To all the front line workers” een is.
Sewe leeus ontsnap van plaas
Vyf van die sewe leeus is glo mannetjies en twee is wyfies.
Stellenbosch maak hart oop te midde van Covid-19
“Ons hoop dat ons met die ondersteuning van die gemeenskap en individue die nood kan laat bedaar – die alternatief is hartverskeurend.”
Covid-19: Byna 700 nuwe gevalle in SA aangemeld
Meer toetse is in die openbare sektor as die private sektor uitgevoer.
Advokaat moet korrupsie, bedrog by waterdepartement ondersoek
Waterverwante projekte van meer as R16 miljard is glo die afgelope ruk onreëlmatig toegeken – in sommige gevalle aan amptenare self.
Luister: Wiele2Wiele gesels oor Lamborghini se virtuele bekendstelling
Hierdie week sien die span van Wiele2Wiele die nuwe Huracán Evo RWD Spyder in hul eie motorhuis nadat Lamborghini die voertuig virtueel deur middel van verhoogde realiteit (augmented reality) bekend gestel het.
Inbreker gevang nadat hy in venster vassit
Die huiseienaar het wakker geword van vreemde geluide in die huis.