VSA maak nóg ’n skenking aan SA

(Foto: ANI)

Die VSA het nóg ’n skenking aan Suid-Afrika gemaak te midde van die Covid-19-pandemie – dié keer ventilators.

Die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika het Dinsdag in ’n verklaring op die webwerf van die Amerikaanse ambassade en konsulate in Suid-Afrika gesê die VSA het 1 000 ventilators aan Suid-Afrika geskenk om dié land by te staan in sy stryd teen die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak.

Luidens die verklaring beloop dié ventilators se waarde alleen $14 miljoen (sowat R255 miljoen) en saam met die bykomende toerusting, verskeping en instandhouding daarvan ongeveer $20 miljoen (sowat R365 miljoen).

Dit volg nadat dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, en Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, aangedui het dat Suid-Afrika ’n behoefte aan ventilators het in dié tyd.

Die eerste besending van ventilators sal binnekort in Suid-Afrika aankom, waarna dit na verskeie waakeenhede van hospitale in Suid-Afrika gestuur sal word.

“Die Verenigde State is al langer as ’n halwe eeu die grootste bydraer tot wêreldwye gesondheidsveiligheid en humanitêre hulp. Hierdie ventilators is net nog ’n voorbeeld van die Amerikaanse gees van vrygewigheid, terwyl ons hierdie virus tuis in die Verenigde State en saam met ons vennootskappe in die buiteland beveg,” het die Amerikaanse ambassadeur, Lana Marks, in die verklaring gesê.

Dit is nie die VSA se eerste skenking aan Suid-Afrika sedert die uitbreek van Covid-19 nie.

Maroela Media het vroeër berig die VSA het in April sowat R51,5 miljoen ($2 770 000) aan Suid-Afrika geskenk. Dít nadat die VSA in Maart reeds sowat R18 miljoen ($970 000) bewillig het.

Dié geld is geskenk kort nadat pres. Donald Trump sy administrasie opdrag gegee het om die land se steun aan die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) te staak. Die VSA was die grootste enkele finansierder van die WGO en het verlede jaar $400 miljoen aan dié organisasie oorbetaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Sharnelle ·

Glad nie hoor. Ek het ophou tel hoeveel skenkings is al gegee vir ventilators en ander hulpmiddels.

Fedup ·

But why? I truly do not understand why countries help this government at all. Dont they know by now that we as citizens never see a dime. That money went missing. I better keep an eye on ebay now for a brand spanking new ventilator.

Jan ·

Baie dankie vir die skenkings. Wat het geword van die wat ons self sou mask. Is daar al een aanmekaar gisit

Brakenjan ·

Daar is seker nou tender proses vir dit sodat familielede die werk kry, en en dan moet daar BMWs gekoop word. Dan oor so 2-3 jaar kan ons ‘n “investigation” aanvra vir dit. So sal nog ‘n paar rukkie moet wag…

twaalfboor ·

En al die tyd dink ek SA het vibrators nodig volgens ñ agbare minister.

Anel ·

En al wat die spul hier doen is om pres Trump te beledig. Wat het in elke geval geword van al daardie geld? Of is dit ook net so ‘n geheim soos die notule tov die hersiening van die verkoop van sigarette?

Charles ·

Gaan nie die masjiene sien nie.Daar is nie geld om dit te bou nie.Die geld is iewers in iemand se bank rekening oor see.Jammer maar ons sal moet fietspompe gebruik,wat ook nie nou beskikbaar is nie.

ElizeK ·

Nou wat is Trump se storie!!!
Weet hy nie wat in hierdie land aangaan nie, of het hy dalk ook n verskuilde agenda.

marius ·

Het die regering al ooit die Amerikaners in die openbaar bedank ? Amerika gooi hul eie mense se geld wat hul brood nodig het in ‘n groot swart gat wat nooit versadig kan raak nie .

Venter ·

Al die skenkings wat gegee word wat word terug verwag niemand in vandag se lewe gee net skenkings sonder by bedoeling

Eerlik ·

More vloek Malema jou weer tot in die grond in, Trump. Leer julle nie!!

PieterP ·

Ja, White Monopoly Capital is so verkeerd totdat jy ingestop word daarmee. Nou skenk die ANC seker weer aan Zimbabwe.

Pio ·

Die geld kon beter gebruik word om Kleinsake-ondernemings wat as gevolg van ras, nie geld by die regering kan kry nie. Of nog beter, gee ons Amerikaanse burgerskap en ‘n stukkie grond. (Met ‘n see-uitsig!)

Oudste ·

Ek wonder waar is die kommentaar van die klomp Trump haters wat altyd so teem oor hom.

minnie muis ·

jip aanvaar goed van wit maar wit mag nie gehelp word nie, usa leer ook nooit nie, Africa mentaliteit is net hê………..en dan verkoop teen wins

Jacobus ·

Lana, if you get to read this, send help to the helpless and not to the trough feeders.

Queline ·

baie dankie vir die skenkings Mnr Trump, maar al wat ek kan sê is dat die fondse in een of ander se gat sak ingedruk is soos al die miljarde wat kamstig vir die Covid 19 verpligtinge bedoel is. Die ventilators gaan iewers agter in ‘n stoor lê en by geen hospitaal uitkom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.