Hoewel ruimtevaarders nie nou al op die maan gaan land nie, bevat die splinternuwe ruimtetuig wel die oorskot van bekendes en DNS van oudpresidente.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "VSA"
Sluipmoord op VSA-president 60 jaar later met dokkie onthou
“Dit is die dag waarop die VSA sy onskuld verloor het.”
Skieter wat glo 18 afmaai steeds op vrye voet
Die verdagte is ’n reserwelid van die Amerikaanse weermag en volgens Amerikaanse media is hy onlangs vir psigiatriese behandeling gestuur nadat hy gesê het hy hoor stemme.
VSA, Iran ruil gevangenes uit
Die gevangenes is bevry as deel van ʼn ooreenkoms wat insluit dat die VSA $6 miljard aan Iranse fondse ontvries.
Kommer oor Amerikaanse soldaat in Noord-Korea
Die soldaat, Travis King, sou vandeesmaand na die VSA terugkeer vir ʼn dissiplinêre verhoor nadat hy tronkstraf in ʼn Suid-Koreaanse tronk uitgedien het. Hy het egter kort voor sy terugkoms ʼn lughawe in Suid-Korea verlaat en die grens na Noord-Korea oorgesteek.
VSA wil weer deel van Unesco vorm
“Unesco vaar goed, maar dit sal selfs beter gaan wanneer die VSA weer aan boord is,” het Audrey Azoulay, direkteur-generaal van Unesco, Maandag gesê.
Waarskynlik weer Trump teen Biden in 2024
Wie volgende jaar wen, sal bepaal of die VSA sal terugkeer na sy wortels of nog vinniger daarvan sal wegstap.
Gabby Petito: Kêrel se ma sê sy sal help om van liggaam ontslae te raak
In die brief bied Brian Laundrie se ma, Roberta, vir hom “’n graaf en vullissakke” aan indien hy van “’n liggaam ontslae wil raak”.
Verslag: Suid-Afrika vanaf ‘wonderkind na wrakstuk’
“Brigety wat verbatim aanhaal uit ANC-beleidskonferensiedokumente wat teen die VSA uitvaar, dui op ʼn besliste skuif in die VSA se hantering van Suid-Afrika se regering.”
Uitlek van dokumente wys VSA se sterk- en swakpunte in globale intelligensie
Die rede waarom hierdie kwessie ernstig is, is omdat dit Russiese bewerings oor die betrokkenheid van Navo-lidlande in die oorlog verder bevestig en die argument versterk dat die oorlog lankal nie meer net een tussen Rusland en Oekraïne is nie.
Trump-saak gaan kloof tussen Amerikaners verder vergroot
Dit verhoog dus Trump se kanse om volgende jaar as die Republikeine se presidentskandidaat aangewys te word, maar dit verklein sy kanse verder om weer as president verkies te word.
Hou bene hou: te voet deur die VSA
Al ooit gehoor van die voetpad tussen Meksiko en Kanada? Die Pacific Crest-roete is langer as 4 000 km. ʼn Suid-Afrikaner, Arno Pouwels, het vyf maande geneem om dié roete te voltooi deur sneeu en woestyn, vier pare skoene en verby bere en muskiete.
New Orleans skop goed nes in jou hart
Twee rolprente het ʼn vonkie in my hart afgevuur om die strate van New Orleans en sy omliggende moerasse te gaan ontdek, skryf Maryke Roberts.
VSA nie beïndruk met SA, Rusland se vriendskap
Terwyl Suid-Afrika bande met Rusland smee, verbrand hy brûe met sommige van sy grootste handelsvennote, waarsku politici.
Skieter brand los op universiteitskampus
“Dit was werklik ’n nagmerrie wat ons vanaand beleef het.”
Rihanna spog met bababoep op Super Bowl-verhoog
Haar bloedrooi ensemble, wat knap om haar maag gespan het, het bespiegelinge ontketen dat sy haar tweede kind verwag.
Duisende vlugte in VSA vertraag weens stelselfout
Teen Woensdagaand was meer as 1 300 vlugte in, na of van die Verenigde State gekanselleer, met meer as 9 800 vertraagde vlugte.
‘Chaos, vrees’ toe Walmart-skieter losbrand
“Hy het direk na my gekyk, maar gelukkig my kop net-net gemis.”
Vrae oor 5 liggame in Maryland-huis
’n Huiseienaar van die Amerikaanse deelstaat Maryland het onlangs van die werk af teruggekeer en vyf mense dood in sy huis gevind.
Demokrasie word bedreig voor verkiesing – Biden
Pres. Joe Biden het Woensdagaand tydens ’n toespraak in Washington DC by die Union Station Trump daarvan beskuldig dat hy woede, haat en geweld aanwakker deur te weier om die uitslag van die presidensiële verkiesing in 2020 te aanvaar.