Sakelui voer aan dat die ‘Lady R’-sage enige soort saketransaksie met die buiteland bemoeilik, wat nou Suid-Afrikaanse ondernemings se sakke leeg tap.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Rusland-wapenskandaal"
‘Lady R’-ondersoek: Dít is paneel se bevindinge
Die uitvoerende opsomming van die verslag is laat Dinsdagaand bekend gemaak.
‘Lady R’-verslag vandag nog op Ramaphosa se tafel
Pres. Cyril Ramaphosa moet nog besluit watter dele van die verslag aan die publiek bekend gemaak sal word.
‘Openbare belang’ dat ‘Lady R’-verslag bekend gemaak word
Die onafhanklike paneel het sy ondersoek na die aangeleentheid afgehandel en sal nou sy finale verslag saamstel en dit aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig. Daar is vroeër bevestig die finale verslag sal nie openbaar gemaak word nie.
Agoa: SA regering moet begin oop kaarte speel – BLSA
As die regering enigsins omgee dat die Agoa-ooreenkoms tienduisende werkgeleenthede skep, is dit nodig om aan die VSA te verduidelik dat Suid-Afrika nie sy veiligheidsbelange bedreig deur sy verhouding met Rusland nie.
‘Lady R’: Departement gee nog geen antwoorde
“Dit is baie duidelik dat hulle weet wat op daardie Russiese skip en vliegtuig was en aktief besig is om dit toe te smeer.”
Lady R: DA sal nie toesmeerdery duld nie
“Die feit dat Ramaphosa skielik sy voornemens aangekondig het om die verslag van die publiek weg te steek, dui daarop dat hy reeds bewus gemaak is van verdenklike inligting wat hy van die publiek wil wegsteek om sy ANC-regering te beskerm.”
Reserwebank waarsku oor ‘sekondêre sanksies’, beurtkrag
Die Reserwebank voorspel dat die bruto binnelandse produk (BBP) in 2023 met slegs 0,3% gaan groei. Beurtkrag kry hierdie keer die skuld.
‘Lady R-paneel gaan moeilike vrae moet beantwoord’
Die VF Plus meen die aanstelling van die paneel maaak dit duidelik dat die voorval ’n groot verleentheid vir die regering is.
Paneel aangestel om wapenskandaal te ondersoek
“Die paneel is getaak om agter die kap van die byl te kom van wie bewus was van die vragskip se aankoms, en, indien enige, die vrag wat afgelaai is of gelaai moes word, die vertrek en bestemming van die vrag.”
Minister se kru woorde ‘’n verleentheid’
Min. Thandi Modise sê die Suid-Afrikaanse regering het “f****l” op die Lady-R gelaai.
Minister se besoek aan Rusland: ‘Nóg ʼn diplomatieke flater’
“Die minister het Vrydag in haar begrotingstoespraak baie te sê gehad oor die wonderlike verhouding wat Suid-Afrika met die VSA, ‘ons grootste handelsvennoot’, het – en nou dít.”
Onwaarskynlik dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verkoop het
‘n Onwettige wapentransaksie sou die betaling van groot omkoopgeld aan amptenare op die dokke, asook die vervaardiging van bedrieglike uitvoerdokumentasie, vereis.
Rusland plaas Internasionale Strafhof-aanklaer op gesoekte lys
Russiese owerhede het die Internasionale Strafhof-aanklaer Karim Khan op ’n “gesoekte” lys geplaas nadat die hof in Maart ’n lasbrief vir president Wladimir Poetin se inhegtenisneming uitgereik het.
Sal Suid-Afrika sanksies (weer) kan oorleef?
Suid-Afrika was ʼn muishondland in die 1970’s en 1980’s en kon sanksies en internasionale isolasie tot ʼn mate suksesvol afweer en omseil. Sal Suid-Afrika dit weer regkry?
SA ‘speel Russiese roulette’ met handelsvennote
Rolspelers in die landboubedryf vrees dat dié bedryf die Amerikaners se ongelukkigheid oor die beweerde wapentransaksie gaan moet ontgeld.
‘Skynheilig’– Russiese ambassade kap na Brigety
Die Russiese ambassade in Suid-Afrika sê die Lady R het nié in Desember via Rusland na Suid-Afrika gevaar nie en was sedertdien nog nie weer in Rusland nie.
Hoof van SA leër in Rusland op besoek
Lt.genl. Lawrence Mbatha en ʼn afvaardiging het “kwessies wat verband hou met militêre samewerking en interaksies” met hul Russiese eweknieë bespreek.
SA gaan ‘nie kant kies’ tussen moondhede – Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa het in sy weeklikse nuusbrief dit onomwonde gestel dat Suid-Afrika nie kante sal kies in die voortslepende oorlog tussen Rusland en Oekraïne, wat in wese “ʼn stryd tussen Rusland en die Weste” is nie.
Verslag: Suid-Afrika vanaf ‘wonderkind na wrakstuk’
“Brigety wat verbatim aanhaal uit ANC-beleidskonferensiedokumente wat teen die VSA uitvaar, dui op ʼn besliste skuif in die VSA se hantering van Suid-Afrika se regering.”