ʼn Meisie wat vroeër vandeesmaand tydens ʼn skoolskietery in Belgrado in Serwië in die kop geskiet is, is Maandag in ʼn hospitaal dood.
Lees meerAlles vir Maandag 15 Mei 2023
Pampoenkraal: Getuienis oor aanranding in twyfel getrek
Volgens adv. Jaap Cilliers is Hlatshwayo nie eerlik met die hof nie en het hy en die res van die groep die dag op die plaas opgedaag om “doelbewus te probeer om ʼn situasie (moontlik polities gedrewe) te skep, wat tot die tragiese skietdood van Mgcini en Zenzele Coka” gelei het.
Uitspraak voorbehou in saak om Kuba-skenking finaal te keer
“Suid-Afrika bevind homself tans in ’n kragkrisis, ’n werkloosheidskrisis, ’n korrupsiekrisis en ’n krisis om ekonomies te groei. Daar is geen regverdiging vir ’n R50 miljoen-skenking aan Kuba nie.”
Vrou geskiet ná man haar glo probeer omry
Die gewonde vrou is by paramedici se aankoms op die toneel buite ʼn laerskool in ʼn ernstige toestand aangetref.
Groen Skerpioene moet ingryp by Wes-Randse rioolstorting
Dié rioolstorting het verlede jaar begin weens ʼn stukkende rioolpomp by die landgoed. Mogale City-plaaslike munisipaliteit het egter nog niks daaraan gedoen nie, sê ʼn plaaslike raadslid.
Uitgewer maan teen onwettige weergawe van De Ruyter se boek
“Dit lyk of enigiets in Suid-Afrika wat met Eskom verband hou geneig is om gesteel te word.”
‘Rusland, China moet Eskom help’ – Malema
Julius Malema het opnuut uitgevaar oor die kragkrisis en pres. Cyril Ramaphosa se “mislukkings as staatspresident”. Hy het ook stem dik gemaak oor die oorlog tussen Rusland en Oekraïne, asook die VSA en die Internasionale Strafhof se betrokkenheid by die kwessie.
ToekomsVenster: God aanvaar jou onvoorwaardelik
God aanvaar ons onvoorwaardelik. Hy sien ons foute en ons sonde nie oor nie, maar sien ons eers raak voordat hy deur sy Heilige Gees begin werk aan dit wat nie deel van die Christus-karakter in ons lewens verteenwoordig nie.
Eskom ‘hersien’ nog De Ruyter-boek
De Ruyter het Suid-Afrikaners én vermoedelik Eskom verras toe sy boek Sondag onverwags bekend gestel is.
Hofaansoek stuit plan om gesinne uit weermaghuis te skop
Die weermag kon geen uitsettingsbevel lewer nie, maar het steeds voortgegaan om die inwoners en hul besittings hardhandig uit die gebou te verwyder.
Toyota wil iets vir almal bied
Daar sal nuwe inprop hibriede-modelle hul weg hierheen vind, sowel as hibriede Hilux- en Fortuner-modelle en ʼn verskeidenheid splinternuwe buksies wat ons tans nie ken nie.
‘Dit gaan nét oor die kind, punt!’
“Eindelik gaan dit nét oor die kind, punt! Want ’n skool vorm die kind se vonk wat die gesinsvuur laat vlamvat en soos ’n veldbrand deur die gemeenskap en eindelik die hele land kan versprei.”
Hoof van SA leër in Rusland op besoek
Lt.genl. Lawrence Mbatha en ʼn afvaardiging het “kwessies wat verband hou met militêre samewerking en interaksies” met hul Russiese eweknieë bespreek.
Foto’s: Kyk hoe baljaar Backstreet Boys in Kaapstad
Big Concerts het Sondag foto’s en video’s van die popgroep se aankoms in Kaapstad, sowel as ʼn video van hulle by die Stormers se rugbywedstryd op Twitter gedeel.
Koue laat fase 6 vroeër inskop
Volgens Eskom is die vraag na elektrisiteit hoër as wat verwag is weens die koue weeromstandighede.
Beurtkrag kos Gauteng duisende werksgeleenthede
Die DA sê hy verwag dat werkloosheidsyfers in Gauteng selfs verder gaan styg wanneer die jongste statistieke hieroor vandeesweek bekend gemaak word.
Luister: Nuwe Boerboel-tannie, Mooi Jan gesels oor Jan Jan Jan-musiek
“So mooi soos hulle aan die buitekant is, so mooi is hulle aan die binnekant, glo my. Almal van hulle.”
De Ruyter-boek: Nóg plofbare bewerings
“Terwyl die Gupta-familie die haai was wat in die troebel waters van staatskaping geswem het, het die veel kleiner piranas aan Eskom se vlees gesmul,” skryf De Ruyter in sy nuwe boek.
Cosatu-uitsprake oor ‘misdadige’ boere kwetsend (maar nie haatspraak)
“Ons wil verder ook weet of dit haatspraak sou wees indien TLU SA sê Cosatu-lede is brandstigters en misdadigers omdat een van hulle lede moontlik betrokke was by die afbrand van pakstore in Kirkwood.”
Groot vordering om monument, omgewing te beveilig
Volgens die Tshwane-metro is ’n afname in kabeldiefstal reeds sigbaar, terwyl die Voortrekkermonument se veiligheidspan al sewe booswigte aangekeer het.