Beurtkrag kos Gauteng duisende werksgeleenthede

(Foto: Shutterstock)

Beurtkrag het verlede jaar meer as 300 000 werksgeleenthede in Gauteng in die slag laat bly.

Dit volgens Tasneem Motara, Gautengse LUR vir infrastruktuurontwikkeling, wat sê die land het ongeveer 3 212 uur se beurtkrag in 2022 ondervind teenoor 1 153 uur ʼn jaar tevore.

“Die aantal werksgeleenthede wat verlore gaan benadruk hoe ernstig die provinsie se ekonomie deur voortdurende kragonderbrekings benadeel word,” sê Patrick Atkinson, die DA se Gautengse woordvoerder vir finansies, in reaksie op die syfers.

“Die provinsiale regering doen nie genoeg om die uitwerking van beurtkrag te verminder nie; ons jong mense is diegene wat die grootste prys vir hierdie verlies aan werksgeleenthede betaal.

“Die hoë beurtkragfases maak dit vir kleinsakeondernemings moeilik om sake te doen, veral dié wat op elektrisiteit staatmaak vir produksie,” sê Atkinson.

Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) sal Dinsdag die indiensnemingsyfers vir die eerste kwartaal van die jaar bekend maak en Atkinson sê hy verwag dat die werkloosheidsyfer in Gauteng verder sal styg omdat die provinsie die afgelope jaar weinig beurtkragverligting ondervind het.

Die DA sê hy sal voortgaan om druk op Panyaza Lesufi, Gautengse premier, te plaas om dringend ʼn oplossing vir die beurtkragkrisis in die provinsie te vind.

“Ons sal voortgaan om alle weë te ondersoek om alternatiewe kragvoorsiening te bekom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Delia ·

Die hele land kry swaar onder beurtkrag. Hou asb op om die Provinsies te polariseer.

Daisy ·

Ek wou ook se – wat maak Gauteng so spesiaal. Al die provinsies en mense ly onder beurtkrag.

Pietertjie ·

Nee man, daar’s baie gulde geleenthede vir bv. kers-verkope. Dink net: kerse met ‘n Eskom-embleem op teen R238000 elk…

domheks ·

cANCer wou dit presies so gehad het. In 16 jaar kon hulle nog NIKS regkry nie, maar korrupsie wel. En ons geagte prez weet presies wat daar aangaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.