Hoof van SA leër in Rusland op besoek

Lt.genl. Lawrence Mbatha, hoof van die Suid-Afrikaanse leër. (Foto: Verskaf)

Die hoof van die Suid-Afrikaanse leër is tans in Moskou vir samesprekings met sy Russiese eweknieë, het nuusagentskappe in dié land Maandag berig.

Die besoek kom enkele dae nadat ʼn herrie losgebars het in reaksie op uitlatings van Reuben Brigety, die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, dat wapens en ammunisie op ʼn Russiese vragskip by die Simonstad-vlootbasis gelaai is.

Nuusagentskappe in Rusland berig dat die Russiese departement van verdediging die besoek van Suid-Afrika se lt.genl. Lawrence Mbatha bevestig het.

Mbatha en ʼn afvaardiging het “kwessies wat verband hou met militêre samewerking en interaksies” met hul Russiese eweknieë bespreek.

Kort nadat die beskuldiging oor die moontlike verskaffing van wapens aan Rusland gemaak is, het Moskou gesê pres. Wladimir Poetin en pres. Cyril Ramaphosa het telefonies gesels en ooreengekom om “wedersyds voordelige bande te versterk” tussen die twee lande.

Mbatha het luidens nuusberigte Maandag ʼn “opvoedkundige instelling van die grondmagte, asook ondernemings van die militêre nywerheidskompleks” van Rusland besoek.

“Ooreenkomste is bereik om samewerking tussen grondmagte op verskeie gebiede verder te versterk,” het die Russiese nuusagentskap Interfax berig.

ʼn Woordvoerder van die departement van verdediging in Suid-Afrika het alle navrae oor Mbatha se besoek aan Rusland na die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) verwys, wat nie dadelik op ʼn versoek om kommentaar gereageer het nie.

Brigety se bewerings het groot verwarring veroorsaak, veral nadat die ambassadeur later toegegee het dat hy bepaalde diplomatieke grense met sy opmerkings oorskry het.

Volgens Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het Brigety Suid-Afrika onvoorwaardelik hieroor om verskoning gevra.

Pres. Cyril Ramaphosa het reeds bekend gemaak dat ʼn onafhanklike ondersoek onder leiding van ʼn afgetrede regter na die bewerings gedoen sal word.

Hy het ook gesê dat Suid-Afrika “nie by ʼn stryd tussen wêreldmoondhede betrek [sal] word nie”, ondanks “voortgesette druk” op die land om hom by ʼn spesifiek kamp te skaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Rusland se generaals word na die voorste linies gestuur.

Johann ·

Hier is iets baie groter aan die kom, dalk die gebruik van grondgebied, n hawe of dalk ons gebrek aan integriteit of dalk is hulle net vriendelik met ons en wil ‘n bietjie kom braai by ons.

Roebs ·

Ja nee maak seker reg om vir hom ‘n huis te kry in rusland… Nee wat

My siening ·

Dis n geliegery van astronomiese aard, wat dink die regering dat almal hulle moet glo! Nou beaam dit net wat die USA sê en ek glo hulle eerder!

Samuel ·

Hulle lieg beslis. Daar is iets veel groter wat aangaan. Onthou baie van ons hedendaagse ‘leiers’ het destyds in die ou Sowjetunie en in die DDR militêre opleiding ontvang.

Hendrik ·

Ek wonder wat Rusland dink van #BEE, #AA , korrupsie, misdaad, gebroke infrastruktuur, krag situasie, hoe werkloosheidsyfer ens…..

Pierre ·

Hoe nader 2024 kom met die vooruitsig om onder 50% te daal hoe meer kruip die ANC by die Russe en China rond, beide diktatorskap lande

Republikein in die Wes Kaap ·

‘n Senior generaal wat Rusland nou besoek stuur ‘n sterk boodskap uit na Washington. Dit kan “back fire.”

TruthDealer ·

As n besluit deur wat veronderstel is om n soeweine land te wees, soveel vrees inboesem vir weerwraak van n ander land – is dit n “red flag” dat die ander land miskien nie so goed en wonderlik is soos baie Suid Afrikaners dink nie.

Wondermaarnet ·

Ek wonder hoe het hy tot hierdie rang gevorder? Sal graag sy CV en regte kwalifikasies wil sien.

Douglas ·

How can he be head of the arm when he doesn’t even know how to wear a beret.

Hennie ·

Nou ja, daar het ons dit nou. Cyril is seker verbaas om dit te hoor ….

Karel Kobus Kruger ·

Maak nie regtig saak wie besoek wie nie. Ek wil net hê Poetin moet SA besoek. “Either way” gaan dit n vet gemors wees, of hy nou gearresteer gaan word of nie. Nee nee, ek is geensins n Poetin dissipel nie. Ook nie n Zelensky dissipel nie. Ek wil net die sirkus ervaar.

Anel ·

Nou hoe is dit nie kant kies nie?!!!! Die een het seker gaan seker maak die wapens het veilig daar aan gekom! Kan nie glo hulle dink die res van Suid Afrika is breinloos nie!!! Hierdie is ons ondergang!!

Jakkie ·

Jou beret lyk soos ‘n …………”seven single” bulder die RSM se stem oor die paradegrond. Gaan die agbare generaal leer van takties retireer of hoe om met ou afgekeelde toerustig te probeer veg

Santie Gildenhuys ·

Steek ons land nou hand op om ook ‘n aanvalsteiken te word? In te meng by sake wat NIKS met ons uit te waai het nie? Gaan die skuld vir al ons land se probleme nou nóg meer om die nek van die oorlog tussen doerie lande gehang word? Is ons dan wragtag soos SKAPE wat ter slagting gelei word??

Strandloper ·

Die kaders krap aan die leeu se knaters, kan n mens so stupid wees?

Harley Davidson ·

Die land is besig om n komunistiese staat te word die afstig van die weskaap is ons enigste uitweg en dit is wat de klerk se oneerlikheid oor ons gebring het.

Lesly ·

Hier sit ek op die lughawe oo pad huis toe na ‘n week in die sirkus. Mense, julle het nie ‘n benul hoe die land in duie stort nie. Trump se beskrywing is ‘n kompliment end die regering behoort dankbaar te wees. Die hartseer deel is dat die minderheid se dissipline en standarde afgetrek is na die meerdeheid se lae standaard

TruthDealer ·

Nee ek dink ons het n uiters goeie idee hoe die land in duie gestort het. Wat jy skryf klink soos leedvermaak. Jy kan wegkom, die meeste van ons nie. So dankie vir jou observasie maar ons weet oor goed genoeg wat n hool hierdie is.

ENFM ·

Op die ou end gaan alles oor grond en ons grond en veral dit wat onder die grond is, is baie baie werd vir almal aan wie die grond nie behoort nie.
Terwyl ons baklei oor wie reg en verkeerd is, verloor ons die grond onder ons voete uit..

Leendert ·

Poetin sal graag Suid Afrika aan sy kant wil hê – dit sal vir hom strategies baie voordelig wees.

Marthinus Johannes ·

Hul neulery met Rusland maak hulle klaar betrokke. Hoekom nou n besoek net na die wapen geding. Net soos altyd konkel hulle agteraf en dit gaan SA duur te staan kom met duisende wat daaronder gaan lui. Almal in die land behalwe die wat almal daarbo sit en saam eet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.