Koue laat fase 6 vroeër inskop

(Argieffoto: Unsplash)

Fase 6-beurtkrag sal Maandag reeds om 15:00 geïmplementeer word.

Weens die koue wat oor groot dele van die land ondervind word, is die vraag na krag hoër as wat tot dusver verwag is, sê Daphne Mokwena, woordvoerder van Eskom.

“Twee opwekkingseenhede wat intussen onklaar geraak het – waarvan een reeds weer aanlyn gebring is – het die instelling van fase 6-beurtkrag om 15:00 (en nie 16:00 soos vantevore aangedui nie), genoodsaak,” sê Mokwena.

Maroela Media het vroeër berig dat hoewel daar ʼn gevaar is dat fase 7-beurtkrag ingestel kan word, dit volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, nog nie die verwagting is nie. Solidariteit het verskeie vakbondlede wat vir die kragvoorsiener werk.

“Dit gaan ʼn rowwe week wees weens lae windopwekking en ʼn groter vraag as gevolg van die koue. Die laaste week in Mei gaan ook ʼn risikoweek wees omdat groot verbruikers hul kragverbruik verhoog as gevolg van die wintertarief wat in Junie begin.

“Ons vertrou daar gaan verligting op die stelsel kom omdat beplande instandhoudingswerk van 5 000 MW tot 1 800 MW in die winter afbestuur gaan word,” sê Hermann.

Fase 6-beurtkrag sal tot Dinsdag tot 05:00 geld, waarna fase 4- en 6-beurtkrag om die beurt vir die res van die week sal geld.

Eskom het weer ʼn beroep op mense gedoen om krag spaarsaam te gebruik en alle onnodige toestelle af te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

My siening ·

Min van elektrisiteit ek dink jy moet eerder stil bly want lieg is ANC beleid!

sterk soos n beer ·

ja jy is reg. hulle gee mos vir alles die skuld tot jan van riebeek

Papsak ·

Ja ek stem bly eerder stil want jy lieg net so waar sal julle beurtkrag probeer verminder eerder vermeerder ja dit sal ek glo want julle mos kragopwekkers en lekker krag arme belastingbetaler sorg mos vir dit maar flip kand wat in donkerte moet sit en rond skarrel om iets gedoen te kry skaam julle

sterk soos n beer ·

dis nie n verskoning nie. was dit nooit voor 1994 koud gewees nie? dis as gevolg van swak bestuur

Karel Kobus Kruger ·

So gepraat van inskop. FW se wigte en teenwigte behoort ook binnekort in te skop, dan is alles weer klopdisselboom. Julle sal sien.

Andries ·

Hoe dom kan dit wees. Die hele Suid Afrika weet dit gaan koud word en die elektrisiteitvraag gaan hoër word. Maar hulle het nie die breinkapasiteit om voorsorg te tref nie.

Casper ·

Gebruik krag spaarsamig,reg en goed ek verstaan dit maar mag ons darem in warmwater bad of moet ons alles afsit en jou vingers raak byt as jy eet in die donker.Ek gebruik die kragopwekker netsodat ons kan eet en bad,eskom mag ek dit doen of moet ek die kragopwekker ding spaar.

Amelia ·

belasting betalers moet spaar dat die ministers krag kan he en sommer ook die wat nie betaal nie Die klomp sal als doen sodat kragskip aan ons krag voorsien

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.