Gevaar van fase 7-beurtkrag bly

(Foto: Natsuki via Unsplash)

Eskom sal die week voortgaan om fase 6-beurtkrag toe te pas terwyl die risiko vir fase 7-beurtkrag wink.

Fase 6-beurtkrag is om 16:00 Sondagmiddag weer ingestel en het tot 05:00 Maandagoggend gegeld. Fases 4- en 6-beurtkrag sal dan om die beurt deur die week geld.

Daar is ʼn risiko vir fase 7-beurtkrag, maar dit is nog nie die verwagting nie, sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Die vakbond het duisende lede binne Eskom.

“Dit gaan ʼn rowwe week wees as gevolg van lae windopwekking en ʼn groter vraag as gevolg van die koue. Die laaste week in Mei gaan ook ʼn risikoweek wees omdat groot verbruikers hul verbruik verhoog as gevolg van die wintertarief wat in Junie begin. Ons vertrou daar gaan verligting op die stelsel kom omdat beplande instandhouding van 5 000 MW tot 1 800 MW in die winter afbestuur gaan word.

“Alhoewel fase 6‑beurkrag al byna normaal is, mag ons dit nooit aanvaar asof dit normaal is nie. Beurtkrag is die som van die regerende party se ideologie van sentralisasie, rasmalheid, gulsigheid en onvermoë,” sê Hermann.

Eskom het Sondag gesê altesaam 18 016 MW se kragopwekking is tans nie beskikbaar nie weens meganiese probleme. Altesaam 3 987 MW is afgeskakel vir beplande instandhouding.

Daar is in die afgelope 48 uur ʼn kragopwekkingseenheid by die Kriel-kragstasie aangeskakel. Twee ander kragopwekkingseenhede by Kriel en ʼn eenheid by Matla moes egter tydens dieselfde periode afgeskakel word toe dit onklaar geraak het.

Daar is ook ʼn vertraging om eenhede by Arnot, Camden en Kendal en twee eenhede elk by die Hendrina- en Tutuka-kragstasie aan te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Gerhard ·

Ek het niks meer hieroor te se nie. Dit is ‘n skande dat ‘n land so lam gelê word as gevolg van onbevoegde werkers. Hierdie gaan op die einde van die dag meer skade aanrig as C-19. Ons werkloosheidsyfer gaan die hoogte inskiet en weereens kan dit voor die deur van die cANCer gelê word. Baie geluk, julle slaag in jul poging om ons eens great land te vernietig, sonder om skaam te wees.

Theunis ·

Daar is geen beheer oor Eskom se operasionêle diensvlakke nie, die deurlopende, onverwagte veranderinge in beurtkrag is ‘n bewys daarvan, die moontlikheid van hoër beurtkrag fases kom dus nie as ‘n verrassing of teleurstelling nie, die vraag is, wat gaan CR en sy kabinet omtrent dit doen, dit is as hulle in staat is om iets te kan of wil doen?

Sonblom ·

Beurtkrag is die som van die regerende party se ideologie van sentralisasie, rasmalheid, gulsigheid en onvermoë,” sê Hermann.

Ek kon dit nie beter stel nie Mnr Hermann.

Manie ·

Nonsens, ons beleef reeds fase 7. Tel maar net die aantal af ure per dag.

sterk soos n beer ·

was dit nooit 1994 koud gewees nie? eskom moet ophou verskonings uitdink

Papsak ·

Moenie alles op De Rhyther pak nie hy het nog sy werk gedoen maar julle klomp wat nou daar werk flip net alles op van begin tot nou waar krag staan krag sal nooit weer reg kom nie want julle werk om niks reg te kry nie probeer praat ek nie eers van nie skiet my af dit is die waarheid

Manie ·

Ek wens dat de Ruyter die Eskom baas wat hy reken aan die hoof staan van die grootste misdaad sindikaat in die land, se naam prontuit wil noem.

Republikein in die Wes Kaap ·

Na sy lang, roemryke loopbaan weet ADR nog nie wat is die verskil tussen ‘n ingenieur, tegnoloog en tegnikus nie. In sy boek maak hy nydige opmerkings teenoor BTech gegradueerdes by Eskom. Dis nou van ‘n man wat oor geen tegniese kwalifikasie beskik nie. 0 uit 10 vir jou ADR.

SjN ·

Hul sukkel om die fases te bepaal, plaas konsentreer hu eerder om die werk reg te doen en dit is krag opwek!!

Jacobus ·

Enigste oplossing – verwyder al wat opwekker is by ministers,hulle meelopers en enige vorm van kos ondersteuning. Op die stadium lewe hulle en priseniers soos konings en die res van ons moet kripeer.

Meerkat ·

BOERE EN BESIGHEDE KRY DIE SWAARSTE.

EN PLATELAND KRY OIK SWAARDER.

SOMIGE DORPE KRY BAIE MEER AS ANDER BEURTKRAG. MENS VERSTAAN GLAD NIE HOEKOM NIE.

Hendrik ·

Mooi Eskom. Kom ons verkoop die krag buite lands grense. Jou mense is mos gewoond aan swaar kry. Die ANC regering met al sy staats instansies is besig om ons terug in die verlede in te werk.

Jillian ·

Ag Eskom. Mense maak julle oë oop. Ons is reeds op fase 8. Eskom is net te onnosel om te sien dat ons reeds weet wat aangaan. So moeg vir julle verskonings. Ek wens rerig dat als ineenstort. Miskien sal iemand dan ingryp en iets aan die gemors gedoen word!

Amelia ·

Kan daar gekyk word hoeveel mense by eskom gewerk het in 1994 en nou asook hoeveel krag is opgewek in 1994 en nou Glo werkers is dubbel meer en krag helfte minder

Amelia ·

ek dink hul wil eskom privatiseer rama sal seker eskom in sy beist wil he en dan kan hy mos vra wat hy wil vir krag en wie betaal meeer of is dit geval hy worry nie meer nie nie dat hy al ooit geworry het nie hy is nie een wat sonder krag is nie want as hy was sou eskom lankal genoeg krag opgewek het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.