Eskom ‘hersien’ nog De Ruyter-boek

André de Ruyter (Foto: Maroela Media)

Eskom het Maandag in reaksie op sy voormalige hoof André de Ruyter se boek, Truth to Power: My Three Years Inside Eskom, gesê hy gaan eers die onthullende boek “hersien” voordat hy op ʼn “gepaste tyd” op die inhoud daarvan sal reageer.

“Ons gaan voort om te konsentreer op die taak op hande: om opwekkingsprestasie te herstel, beurtkrag te verminder en die organisasie om te draai,” het Eskom Maandagmiddag gesê kort nadat daar aangekondig is dat fase 6- beurtkrag ʼn uur vroeër ingestel word.

De Ruyter het Suid-Afrikaners én vermoedelik ook Eskom verras toe sy boek Sondag onverwags bekend gestel is.

Andre de Ruyter se nuwe boek. (Foto: Verskaf)

De Ruyter maak in dié boek nog skokbewerings oor grootskaalse korrupsie by die nasionale kragverskaffer. Dit sluit in bewerings van politieke inmenging, ongegronde beskuldigings van rassisme en hoe hy ʼn private ondersoek van stapel gestuur het wat eindelik onthul het hoe minstens vier misdaadkartelle op Eskom teer.

Hy vertel ook hoe sommige werkers van Eskom in weelde leef terwyl die land dag ná dag in duisternis gedompel word.

Oor die sukkelende kragverskaffer skryf De Ruyter: “Eskom was ʼn ryp perske gereed om gepluk te word. Met ʼn verkrygingsrekening noord van R140 miljard per jaar en ʼn kapitaalbestedingsbegroting van meer as R35 miljard per jaar (selfs ná die voltooiing van groot bouprojekte by Medupi en Kusile), was die geleenthede vir plundering oral.”

  • De Ruyter het in Desember sy bedanking ingedien nadat hy drie jaar lank as uitvoerende hoof gedien het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Cherokee ·

Ons? Om wat mee te maak? Dit staatskapers se name is bekend. Kan jy iets, enige iets daarmee doen? Nee wat, dit sal niks beteken nie, tensy dit opgevolg sou word.

Manie ·

Die staatskaping is ou nuus, die kriminele sindikate en regeringslui wat tans betrokke is, se name moet uitkom, anders gaan daar niks van kom nie en alles gaan toegesmeer word. Wat het sedert die Zondo verslag gebeur?

Johanncb ·

Mnr A De R se boek sál nou veroorsaak dat die hele SA swaarkry, maar die waarheid moet uit!

FJ ·

Stem saam. Ek het dit ook in PDF formaat gekry. Wat ek doen is lees ‘n hoofstuk. As ek daarvan hou gaan koop ek die boek. Vorige soortgelyke gaval staan in my boekrak.

Henker ·

Eskom het die boek geweeg,gemeet en te lig gevind.
Hulle gaan definitief nie hulle hand opsteek en sê: “Dis die waarheid nie.” So moenie eers wag of uitsien na hulle mening nie.

skurweberg ·

Die liggaam wat Suid Afrika weer op die spoor wil terug kry moenie net uit militêre en politieke leiers bestaan nie, maar ‘n miltidissiplinêre-span wat bv. bestaan uit sielkundiges, sosioloë, antropoloë, teoloë, opvoedkundige ens.

Daar is ‘n GROOT skoef los.

Republikein in die Wes Kaap ·

ADR moes in sy drie jaar die hele Eskom geherstruktueer het. ALLE werkers kon 189 briewe ontvang het en moes dan weer aansoek doen vir poste in ‘n nuwe organogram. Die privaatsektor sou die oefening gefinansier het. So kon hy korruptes en nutteloses vinnig uitroei. Hy kon eintlik baie vermag het in vyf jaar. Maar hy het hom besig gehou met speurwerk, buitensporige tariefverhogings, beurtkrag, pleitwerk by Tesourie vir meer geld, besoeke aan die Wêreldbank, en plakwerk. Sy drie jaar daar was ‘n mors van tyd en geld.

Strandloper ·

Anc dit is die gepaste tyd om net weg te gaan…ver weg waar gin mens jul ooit kan sien nie!

Adri ·

Die verskyning van die boek is vir seker ‘n goeie ding, maar of dit ‘n duik gaan maak aan die korrupsie en bedrog sal ons maar moet sien.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit sal nie. Terwyl Jan Oberholser die tegniese kant van Eskom kon bestuur, moes AdR eerder die organisasie intern verander. Uit die openbare kalklig.

Geert ·

Ek haal my hoed af vir die André de Ruyter ons het meer sulke mense nodig. Dit gee mens sommer weer moed.

Johan ·

Dankie vir dié aardskuddende nuus Maroela!
Wie gee om wat Eskom wil ‘hersien’?

Harley Davidson ·

Hy moes iets gedoen het voor hy weg is by Escom ,nou te min te laat.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hy kon reeds na drie jaar korruptes uitgewerk het en sterk span gevestig het na vyf jaar. Maar toe hou eerder werkers se karre, skoene en handsakke dop.

Henker ·

Moenie asem ophou vir Eskom/regering se (re)aksie nie. Hulle gaan dit elkgeval verwerp en niks aan die saak doen nie. Niemand so blind soos die wat nie wil sien nie

Papsak ·

Dankie De Rhyter jy is n yster wys hulle jy hulle lekker uit gehaal nou kan hulle dit nie vat nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.