Studeer slimmer, nie harder nie!

Sit jou studiebril op en maak gereed om jou brein ‘n turbo-versterking te gee, want eksamentyd is hier, en ons gaan dit ‘n fees maak! Ja, jy het reg gehoor — ‘n fees. By Wolkskool het ons die wenresep om jou eksamenvoorbereiding so lekker en maklik as moontlik te maak. Onthou jy daardie ou vervelige studiemetodes wat jou laat voel het soos ‘n zombie? Wel, vergeet daarvan! Hier is ʼn paar studiewenke wat kan help met leer hierdie eksamen:

  • Roer jou litte

Baie maats maak die fout om op te hou met fisiese aktiwiteite, omdat hulle wil fokus op leer. Oefening help juis met stresontlading, so beweeg daai lyf!

  • Wolkskoolvideo’s help met opsommings

Hou jy nie so baie van lees nie? Gebruik ons video’s saam met jou handboek om opsommings makliker en vinniger te maak. Som op terwyl jy luister.

  • Plak ʼn kalender met ʼn magneet teen die yskas

ʼn Kalender help om ʼn prentjie te skep van wanneer jy skryf en hoeveel tyd jy het om voor te berei.

  • Gebruik flitskaarte

Flitskaarte help jou onthou en is baie handig vir vinnige studiesessies, veral nét voor ʼn toets. Wolkskool het juis nou wonderlike flitskaarte beskikbaar vir graad 4- tot 7-leerders, wat baie help met die leer van definisies.

  • Kies gesondheid

Wat jy eet, drink en hoeveel jy slaap, het als ʼn geweldige impak op hoe jy leer. Onthou om water te drink, gesonde peuselhappies gereed te hê en om genoeg te slaap.

Moenie twyfel in jou eie vermoëns nie, en vat hande met ons om jou te help. Sluit vandag nog aan by die skare van suksesvolle leerders wat reeds ontdek het dat leer nie ʼn straf hoef te wees nie. Besoek ons webwerf wolkskool.co.za of kontak ons by [email protected].

Wolkskool sit die lekker weer terug in leer!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.