Minister se kru woorde ‘’n verleentheid’

Thandi Modise, minister van verdediging. (Foto: Fikile Marakalla/GCIS)

“Ons het f****l op daardie skip gesit. Niks nie.”

Só het Thandi Modise, minister van verdediging, Dinsdag tydens die begrotingsdebat gereageer op die gewraakte bewering dat wapens en ammunisie in Desember op die Russiese vragskip Lady-R in Simonstad gelaai is.

Modise het ook geweier om die skeepsvragmanifes algemeen bekend te maak toe Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging, die minister tydens die debat persoonlik uitdaag om die manifes aan lede van die publiek bekend te maak.

Marais sê nou Modise het ’n geleentheid om die bewering in die kiem te smoor deur haar vingers laat glip.

“Die minister het ook met haar kru taal ’n skokkende vlak van onkunde en minagting van Suid-Afrika se veiligheid en soewereine integriteit getoon. Dit is ’n verleentheid.”

Die opposisieparty eis steeds dat die minister die skeepsvragmanifes aan lede van die publiek bekend maak.

“Voordat sy dit nie doen nie, sal ons dit beskou as ’n erkenning dat Suid-Afrika inderdaad wapens en/of ammunisie aan Rusland verskaf het.”

Marais sê indien die vrag nié uit ammunisie of wapenkomponente bestaan het nie, waarom dan die geheimhouding? “Die minister se weiering om deursigtigheid te verskaf, wek ernstige kommer oor die motiewe agter hierdie geheimhouding.

“Indien minister Modise werklik nie kennis dra van die vrag se inhoud nie, het sy beheer oor die weermag verloor en behoort sy te bedank. ’n Minister van verdediging wat nie bewus is van wat na ’n vlootbasis vervoer word en op ’n vaartuig onder haar jurisdiksie gelaai word nie, hou ’n ernstige veiligheidsrisiko vir ons nasie in.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Papsak ·

Ja hulle ontken altyd alles en is onskuldig wat weet sy van weermag af sy hopeloos te oud moes al verdwyn want sal nooit hulle skuld erken ni e altyd weg skram maar ja sy nie met popeyes besig nie dink weer verdwyn liewers julle bly skelms

Eugene ·

Groot skande en Groot verleentheid van die minister van verdediging!!!!. Ramp-phosa moet haar skors sonder betaling vir 6 maande, maar Hy sal nie, hyt ook geraamtes in die kas. Bring wit regering terug.

George ·

Jy besef hoe skorsing werk, skorsing sal wees met betaling. So jy stel voor vir n 6 maande betaalde vakansie.

Chris dupreez ·

Ek sien nou nie wat is nou so erg daaraan om dit so uit te druk nie. Sê ons almal dit nie maar een of ander tyd nie

ES ·

Sy betree ‘n amp waar daar beter van haar verwag word. Die feit dat ons almal dit miskien een of ander tyd sê, beteken nie dat dit aanvaarbaar is wanneer jy ‘n siviele amp beklee nie. Daar moet ‘n vlak van professionaliteit wees.

Aggie ·

Ek gebruik nooit daardie woord nie. Nie so opgevoed deur my dierbare oorlede ouers nie!

Marcello ·

Dit is nie ‘n manier om konflik te hanteer nie, sy moet besef, sy is ‘n voorbeeld vir haar kaders. En dit is minagting van die Parlement. Kan almal maar vloek en skree soos hulle wil, hoor jy ooit dat dit DA, VryheidsFront hulle so gedra. So lui maar af wat jy wil.

SjN ·

Sy kon nie eens haar diere versorg nie nou moet sy besluite neem in landsbelang.

Thelsa ·

Is daar wapens op die skip ghelaai of afgelaai. Sommige berigte beweer daar is wapens en ammo afgelaai.

Samuel ·

Ek kan nie dink wat treurige SA op die skip kon laai wat Moedertjie Rusland in die oorlog met die Oekraïne kan help nie.

Marcello ·

Ja, ek stem saam, hoekom wil sy nie dit bekend maak nie, dan steek sy mos iets weg.

Hendrik ·

Geen verdere spekulasie is nodig nie. Haar hele optrede bevestig dit tog. Haar suiwere mandaad is tog om in belang van die land op te tree en as dit nie in die geval gebeur nie dan is dit ooglopend. Die hele anc is bewus van die waarheid.

Nici ·

Ek het darm nou lekker gelag. Daardie taal word nie noodwendig as kru bestempel oral nie. Ek dink egter nie die weermag het ‘n verpligting teenoor die res van die wereld om te se wat hullle op skepe laai nie. Veral nie vir Amerika wat aanhou wapens voorsien wat die manlike populasie van Ukraine vernietig nie.

John ·

Hoekom kan die lede van ons regering nie net eenkeer die waarheid praat nie. Dit lyk my na n siekte daar.

Lillian ·

Om te vloek gaan niemand oortuig nie, julle dink ons is onnosel. Ons weet lankal van al jul skelmstreke ons wens net dat ons julle uit die kussings kan lig.

Harley Davidson ·

Ek stem sy sê dit soos sy dit sien,niks daarmee verkeerd nie.

Pieter ·

waar daar n rokie trek is daar beslis n vuurtjie, met onse ou kurrupte regering. Hulle steek beslis iets weg, maar die waarheid sal uitkom.

Raadsman ·

Almal weet wapens is gelaai.
Sy moet net se watter tipe en hoeveel.
Die probleem is daar is te veel roebels onder hul beddens.

Wondermaarnet ·

Minister van verdediging??? Sy verdedig slegs haarself en die ANC en niks anders nie.

George ·

Passop dat julle nie van julle trone val nie. Het julle al gehoor hoe praat die afrikaner?? selfs die kinders, want dis mos snaaks.

Delia ·

Dankie George, dan word videos ook gestuur van die oulike kind se woordeskat

Harley Davidson ·

Jy moet hoor hoe bulk ‘n afrikaner bul as hy gekastreer word ,ons is juis nou besig om die jong bulle te klamp

adriaan ·

Die arme ou vroutjie wat nou die rol as minister moet speel, sy is so onbevoeg dat sy nie eens besef dat sy nou lelik praat nie. Hoe moet sy nou weet of hulle wapens op of afgelaai het. Syt waarskynlik nie eens van die Russiese skip geweet nie.

Chris ·

Red nou ‘n nasie met ‘n persoon wat absoluut niks weet van vermag nie. Was dy nooit ‘n soldaat wat saam grensoorlog gevoer het, nee sy’t nul kennis van hoe om ‘n oorlog aan te pak. Dis tyd dat elke minister se volle kwalifikasies ondersoek word en as daar nie is nie, dank hul af, sowel as dié wat hul aangestel het met geen voordele.

Yvonne ·

Het sy geweet wat op haar eie plaas aangaan……daar is die antwoord??

SwartBees ·

Hulle speel vir tyd sodat n nuwe terug dateerde manifes opgetrek kan word as bewys wat hulle laat lyk soos engeltjies.

Vanessa ·

Ek vermoed daar is nie net wapens op daai skip gelaai nie, maar ook ‘n paar ander onwettige goed, dis hoekom niks aan die publiek bekend gemaak kan word nie en so terloops deesdae is die parlament een groot grap as jy ‘n sepie wil kyk, kyk na wat in die parlament aangaan. Ons land gaan ten gronde.

FCR ·

Dit is altyd hulle strategie en 1ste ding om alles te ontken. As hulle so hewig ontken, dan het jy op tone getrap wat die waarheid inhou. Dit sal uitkom nes al hulle ander lieg stories. Waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.