Slaapkamergesprekke, ʼn boksgeveg én fopdosser was alles deel van dié (relatiewe) dramavrye episode.
Lees meerAlles vir Donderdag 24 November 2022
Departement van gesondheid sê oor skuld van R240 miljoen
Die departement van gesondheid voer aan ʼn bedrag van R240 miljoen wat hy aan die Johannesburg-munisipaliteit verskuldig is, hou verband met ʼn ou dispuut.
Nóg ʼn stroper agter tralies
Isaac Sithlangu en sy medebeskuldigde is ook in die Stolznekgedeelte van die Krugerwildtuin aangekeer.
Gesin gehelp om TMPD-rampokkers aan te kla
“Die metropolisie het daardie aand ’n skrikbewind teen ons gevoer. Dit was traumaties vir ons almal, veral my seun. Dit is nie hoe polisiebeamptes moet optree nie en dit is nie hoe Suid-Afrikaanse burgers hanteer moet word nie.”
Sesjarige wonderbaarlik gered ná aardbewing
“Toe ons besef Azka leef, het almal begin huil – ek ook. Dit was roerend, dit het soos ʼn wonderwerk gevoel.”
‘Onbekwame ANC-regering’ verantwoordelik vir hoër rentekoers
“Dit is duidelik dat die regering nie omgee oor die realiteit van hongersnood in Suid-Afrika nie.”
ToekomsVenster: Om klaar te maak
Hoe dink jy oor die goed waarmee jy besig is?
Rentekoers: Geen verligting vir SA’ners wat geld skuld
“Ons verwag nou dat die Suid-Afrikaanse ekonomie vanjaar met 1,8% sal groei.”
Haval se uitskieter
Voertuie soos Renault se Duster en Toyota se Corolla Cross kan nie by die Jolion kers vashou nie.
Onnies draf in die reën vir kinders in rolstoele
“Daar was tot mense vanuit Namibië wat geld geskenk het.”
Nuwe baas vir Case IH en New Holland
Taylor het reeds meer as 20 jaar ondervinding in landbou in verskeie hoëprofielbetrekkings en word in die bedryf gereken as ʼn leier met sterk vaardighede.
Beurtkrag afgeskaal danksy meer diesel
Eskom sê die voortgesette instelling van beurtkrag kan hoofsaaklik aan die hoë vlakke van onklaarraking en die beperkte noodopwekkingsreserwes toegeskryf word.
Luister: Afrikaanse regsboek word deel van Akademia-leerplan
Malan het die boek as ʼn nuwe daeraad vir die Afrikaanse regstaal beskryf.
Taalgebruik: rekord
Hoe maak ons met “for the record” en “say something for the record” in Afrikaans? Lees vandag se Taaltoffie om meer te wete te kom.
Baba deur bure se pitbull verskeur
Dit is die derde pitbull-aanval in minder as ʼn week en die vierde in twee weke.
Kersvader ruil slee vir ambulans
Die jaarlikse Kersfees-gemeenskapsprojek (CCP) hoop om vanjaar altesaam 32 000 Kerspakkies aan gemeenskappe aan die noorde en weste van Pretoria, asook die Moot te oorhandig.
Afrikaans 2 allesbehalwe maklik
Die vrae in die prosa- en drama-afdelings het Donderdag rondom karakterbeelding en wedersydse karakterbeïnvloeding gesentreer.
Rose wil teen Bokke blom
“Ons het die geleentheid om onsself teen die wêreldkampioenspan te meet en ons wil vir ʼn vuurwerkvertoning sorg.”
Raaisel oor skape-in-die-rondte dalk opgelos
Die skape word in 34 verskillende hokke aangehou, maar slegs een trop toon dié eienaardige gedrag.
Christa Steyn-treffer leef voort in Helpende Hand se jaartema
“Ons wil hierdie treffer van haar afstof sodat dit kan voortleef in die jonger geslag. Terselfdertyd wil ons almal in ons dorpe en stede aanmoedig om hande te vat om ons gemeenskappe te herstel, te herbou en te ontwikkel.”