‘Onbekwame ANC-regering’ verantwoordelik vir hoër rentekoers

Argieffoto (Foto: USA-Reiseblogger, Pixabay)

Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee het Donderdag aangekondig dat die repokoers met 75 basispunte verhoog sal word. Dit beteken dat dit duurder sal wees om skuld af te betaal en Suid-Afrikaanse huishoudings se besteebare inkomste sal verminder word.

“Die aankondiging kom as ʼn maatreël om die ongekende vlakke van inflasie te beheer wat verbruikers die afgelope paar maande ervaar het,” sê Dion George, die DA se skaduminister oor finansies. “Die skokkende inflasiestatistieke wat StatsSA gister bekendgemaak het, het onthul dat kospryse jaar-op-jaar met 12% verhoog het, terwyl vervoerpryse met 17% verhoog het.”

Die prys van brood, ʼn basiese kositem, het met byna 20% verhoog.

“Hierdie opwaartse tendens is die direkte gevolg van die ANC se onverstaanbare ekonomiese beleide wat in die pad staan van ekonomiese groei. In inflasietye moet fiskale beleide die impak van verhoogde pryse kan verlig, en tog, in sy mediumtermynbegrotingstoespraak het die minister van finansies niks gedoen nie en nie eers lewenskoste genoem nie. Hy het eerder gekies om wéér ʼn reddingsboei te gee vir bankrot staatsbeheerde ondernemings.”

George sê as die ANC-regering ʼn meer doeltreffende ekonomiese raamwerk gehad het, sou ons ekonomie kon groei en monetêre beleid sou nie so streng hoef te wees nie. “Die SA Reserwebank se jongste reaksie is grootliks ʼn gevolg van die regering se versuim om doeltreffende fiskale beleid toe te pas.”

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Demokratiese Alliansie het reeds aanbeveel dat die brandstofprysheffing verminder moet word en dat die geen-BTW-kosmandjie vergroot moet word om items soos hoender, bief, ingelegde boontjies, mieliemeel, margarien, grondboontjiebotter, babakos, tee, koffie en soppoeier in te sluit. “BTW op hierdie items het ʼn oneweredige impak op die armste 50% van Suid-Afrikaners wat reeds sukkel om kos op die tafel te sit.”

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het egter die DA se voorstelle verwerp. “Deur hierdie blatante verkiesingsmaneuver poog die minister om guns te werf by sy ANC-kaders deur eerder bykomende finansiering toe te staan vir die party se kameraadskap-netwerke. Dit is duidelik dat die regering nie omgee oor die realiteit van hongersnood in Suid-Afrika nie. Die DA sal nie toelaat dat dit voortgaan nie. Ons sal druk op die regering verskerp om werkbare ekonomiese beleide in te stel sodat ons ons ekonomie op ʼn pad van groei kan kry en dringend die lewenskostekrisis te takel – veral wat betref kospryse.”

Intussen waarsku Abigail Moyo, woordvoerder van die vakbond UASA, dat Suid-Afrikaners baie versigtig moet wees voor hulle hul beursies oopmaak voor Swart Vrydag en die feesseisoen. “Hou ʼn ogie op die terug-skool-toe-uitgawes in Januarie,” het sy gemaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Dup ·

Onbekwame ANC regering??? Ek het nie geweet ons HET ñ regering nie!

Aggie ·

Ons HET een, maar hy is totaal bankrot, korrup en uit voeling met sy burgers.

Andrew ·

DSTV pakette. Rugby, wat % gewys meestal deur n spesefieke miderheids groep mense gekyk word, stream kos R699 .

DSTV pakette, Alle sokker, compact R369.

So om SA Rugby te ondersteun kos jou R330 per maand. Die geld hou n rasse kwota stelsel aan die gang wat die ondersteuners van die sport wetlik benadeel.

Soos om jou graf vrywillig te grawe.

Hendrik ·

Ons het nou al vir 12 jaar meer ‘n TV nie en het dus al die afgelope jaar R8400 gespaar. Nie dat ons dit kan wys nie maar ons is nogal op datum met die rugby. O ja ons is al 6 jaar heeltemal van die Eskom en totaal ook onafhanklik met water en riool. Mense dink maar anderste oor onafhanklikheid van die staatsbestel en selfstandige selfbestuur van gemeenskappe.

Johan ·

Te min mense werk te min vir dit wat hul eet…te min mense werk.

Elize ·

Hulle moet die geskiedenis gaan bestudeer en gaan kyk hoe die Nasionale party verligting gebring het gedurende die Armblanke tydperk. Daars nie geld uitgedeel nie. Mense moes werk vir karige salarisse maar hulle kon hulle families kos gee.

Nico ·

Die cANSer regering weet nie hoe om’n land te regeer nie, vandat hulle oorgeneem het is alles chaoties.

annie ·

Oom Enoch van wildtuin-faam is reg. Moenie raad gee nie. Die ANC het self goeie raat vir sy duisende betogers wat nou meer as ooit gaan aandring op salarisverhogings. Vat net geld elders en gee, gee, gee vir die stemvee. Koning Charles 111 het mos baie beloof aan Sir Lord President Your Majesty CRex. En lg weet hoe om trots Suid-Afrikaans pledges af te tower en sy kitsbank styf te stop vir breed sit.

Ronél ·

Opportuniste van die eerste water……………dan het hulle boonop totale beheer.

Nie Verbaas ·

Daar is geen medikasie vir onnosel nie. Nie eers as die fokus vanaf plundering verskuif na strategiese beplanning toe nie.

My siening ·

Die opskrif sê alles, die regering maak ons arm maar nog stem die dommes vir hulle, net vir n toebroodjie!

Nie Verbaas ·

En die in die regering net so onnosel soos die wat vir hulle stem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.