Haval se uitskieter

Haval kan vir die eerste keer sê dat hy in Suid-Afrika as gevestigde handelsmerk mee gereken moet word. Dit is te danke aan sy Jolion. Nie nét het die Jolion uitverkoop direk ná bekendstelling nie, maar dit is ook die eerste model in Haval se stal wat meer as 1 000 eenhede in ʼn maand in Suid-Afrika verkoop het.

Die Jolion pas mooi in Haval se reeks onder die H6 en sit tussen die B- en C-segmente. Dit is egter die Haval se puik-waarde-vir-geld-oplossing en enorme veiligheidspesifikasie wat hom tussen sy mededingers laat uitstaan. Voertuie soos Renault se Duster en Toyota se Corolla Cross kan nie by die Jolion kers vashou nie.

Die Super Luxury-model in die Jolion-reeks spog met LED-ligte voor en agter, ʼn kop-op-vertoon (HUD) met verkeerkentekenerkenning, ʼn draadlose laaimatjie vir jou slimfoon en ʼn 360 grade- panoramiese kamera met agterkruisverkeerwaarskuwing. Die veiligheidstelsels wat die bogenoemde insluit, plus die teenkantelstelsel en ingreepstelsel by sekondêre botsing (wat remme aanslaan in ʼn ongeluk om te verhoed dat die motor verder teen ander motors of hindernisse vasry), botsingwaarskuwing en baandwaalwaarskuwing dra by tot die Jolion se indrukwekkende 5-ster-ANCAP-veiligheidsgradering.

Spesifikasie soos die panoramiese sondak, lugopenings vir die agterste passasiers en ʼn magdom USB-poorte voor én agter in die kajuit stel die Jolion kop en skouers bó sy mededingers.

Aan die gemakkant is daar die 6-rigting- elektries verstelbare bestuurdersitplek, wegtrekhulp en afdraandebeheer wat bydra tot die moderne ervaring wat mens agter die stuur van ʼn Haval Jolion kan geniet.

Onder die enjinkap sit Haval se 1.5-viersilinderturbopetrolenjin met 105 kW en 210 Nm. Die 7-spoed- outomatiese ratkas help dat die brandstofverbruik op 7,5 ℓ/100 km staan. Die Jolion word gedek deur ʼn 5 jaar/100 000 km-waarborg en 5 jaar/60 000 km-diensplan.

Dit is op die pad waar die Jolion die meeste beïndruk. ʼn Ruim, veilige gesinsmotor met sitplek vir vyf en billike grondvryhoogte – perfek vir daai sloertoer met die gesin elke vakansie.

Daar sal binnekort twee splinternuwe modelle tot die Jolion-reeks gevoeg word. Die eerste van die twee sal die S wees – ʼn Jolion met ʼn meer sportiewe voorkoms. Die tweede model wat die segment op sy kop gaan draai, is die Jolion HEV. Dit is ʼn Jolion met ʼn hibriede dryfstelsel.

Die reeks lyk só:

Haval Jolion 1.5T City handratR342 950
Haval Jolion 1.5T Luxury handratR377 950
Haval Jolion 1.5T Premium outoR384 950
Haval Jolion 1.5T Luxury outoR414 950
Haval Jolion 1.5T Super Luxury outoR446 950

Klik hier om meer te lees oor Haval se Jolion.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Schalk ·

My seun ry ‘n Haval en die naverkope diens word verskriklik gekortwiek deur onderdele en kundigheid om te herstel. Daar is ook baie elekries verwante probleme op die motor. Na sowat ‘n jaar het die waarde op die voertuig aansienlik verminder en die oorspronklike foute van die sondak en alarm en waarskuwingslig op die paneelbord is nog steeds nie herstel nie.

Nommer 7 ·

Dit is ongelukkig die probleem. Dienssentrums net in stede, en moet lank wag dat parte ingevoer word. So ook maar met Fiat, Citroen, Renault en Peugeot. Almal goeie motors, maar ja….

andre ·

Prys en luukshede is seker vir baie mense belangrik.
Ander soek weer die grondpadvermoe van die Duster en betroubaarheid en naverkoopdiens van die Corolla Cross.

Nommer 7 ·

Net ter inligting, in ander lande staan die Duster bekend as die Nissan Terrano.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.