Twee Suid-Afrikaners wat albei in ʼn koma was nadat hulle byna drie weke gelede in ʼn ernstige motorongeluk in Kansas in die VSA was, is albei wakker en toon reaksie wanneer daar met hulle gepraat word.
Alles vir die sleutelwoord "VSA"
[Video] Klein boekwurm in trane sodra boek eindig
ʼn Video van ʼn babaseuntjie wat in trane uitbars elke keer wanneer ʼn storieboek tot ʼn einde kom, is die afgelope week reeds meer as drie miljoen keer op sosiale media gekyk.
Ma vermoor seuns ‘om dogter te help’
Brittany het Dinsdag glo die nooddienste gebel en aan hulle gesê haar babaseuntjie haal nie asem nie. Sy het rustig die operateur se vrae beantwoord terwyl die baba se slaapapnee-alarm in die agtergrond afgegaan het.
Video: Man vertel vroulief sy is swanger
ʼn Pa van Texas in die VSA kon ʼn opwindende oomblik beleef wat gewoonlik net vir vroue beskore is – hy kon sy niksvermoedende vrou vertel hulle verwag ʼn baba!
Video: Amerikaanse seesoldaat fnuik rower se planne
ʼn 19-jarige rower se beplande rooftog het vinnig skeefgeloop toe hy ʼn winkel in Mansfield, Texas, probeer beroof het, salig onbewus daarvan dat ʼn voormalige Amerikaanse marinier reg agter hom staan.
Seun doodgeslaan omdat hy koek eet
Die ma en oom van ʼn negejarige seun van Maryland in die VSA is in hegtenis geneem nadat hulle die seun doodgeslaan het omdat hy ʼn stuk verjaarsdagkoek geëet het.
Oorsaak van kleuter in swaai se dood bekend
Die kleuter wat in ʼn speelpark in Maryland in die VSA gevind is waar sy ma steeds besig was om sy liggaam op ʼn swaai te stoot, se oorsaak van dood is bekend gemaak.
Ná eeu weer vrou op Amerikaanse dollar
Ná’n eeu sal daar weer ’n afbeelding van ’n vrou op die Amerikaanse tiendollarnoot wees.
Goeie nuus: Kelnerin se gebaar maak opslae op sosiale media
ʼn Amerikaanse kelnerin se goedheid teenoor ʼn egpaar wat hul baba verloor het, het onlangs soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.
Zimbabwiërs kan nou baie Zimdollar vir min dollar ruil
Van Maandag kan Zimbabwiërs hul waardelose Zimdollar vir Amerikaanse dollar omruil.
Vrou gevind terwyl sy liggaam van kleuter in swaai stoot
ʼn Kleuter is dood gevind in ʼn speelpark in Maryland in die VSA waar sy ma steeds besig was om hom op ʼn swaai te stoot.
100-jarige vermoor vrou; pleeg selfmoord
ʼn Honderdjarige man van New Jersey in die VSA het Sondag na bewering sy slapende vrou met ʼn byl doodgekap voordat hy selfmoord gepleeg het.
Republikeine neem senaat by Demokrate af
Kommentators is dit eens dat die Republikeine met minstens 52 setels na die senaat terugkeer na gister se midtermyn-verkiesing in die VSA.
Veghond red seun van bye
‘n Amerikaanse veghond het moontlik ‘n agtjarige seun van Oregon in die VSA se lewe gered nadat ‘n swerm bye op hom en ‘n groep kinders toegesak het.
VSA al meer polities gepolariseerd – navorsing
Analiste se onlangse stellings dat die gevoelens tussen ondersteuners van die twee vernaamste politieke partye in Amerika na vyandskap aan die omsit is, blyk nie volkome verkeerd te wees nie.
VSA spook ook met ou simbole
Afbeeldings van die ou konfederasie, soos die suide ten tyde van die Amerikaanse burgeroorlog bekend gestaan het, se vlag sal nou voortaan net in die museum van die Washington en Lee Universiteit in Lexington, Virginia, uitgestal word.
Rusland wil bande met VSA herstel
Pres. Wladimir Poetin van Rusland het in sy gelukwensingsboodskap aan die VSA met die Amerikaanse Vryheidsdagvieringe, witvoetjie gesoek. Hy wil die bande met die VSA herstel, en het ook aangedui dat die twee lande elkeen ‘n groot verantwoordelikheid het in die handhawing van stabiliteit in die wêreld, en dat hulle moet saamwerk.
Video: Orkaan op pad na VSA se ooskus
Storm Arthur wat na die Amerikaanse ooskus op pad is, is tot orkaan opgradeer nadat die windsnelheid tot meer as 120 km/h toegeneem het.
China beplan hoë spoed trein na VSA
China oorweeg ‘n super vinnige trein wat na China, deur Siberië, onderdeur die Beringstraat, deur Alaska en Kanada na die VSA sal blits.
Tornado’s eis minstens 35 in VSA
Die dodetal as gevolg van verwoestende tornado’s wat verskillende state van die VSA getref het, het tot minstens 35 gestyg.