Altesaam 16 bestuurders, onder wie ʼn provinsiale staatsamptenaar, is die naweek in hegtenis geneem vir dronkbestuur op pad na ʼn jaarlikse rietdansfees in KwaZulu-Natal.
Lees meerAlles vir Sondag 6 September 2015
DA: Eskom betaal R50 miljoen uit aan bestuursbonusse
“Die huidige raad aan die stuur van hierdie sukkelende entiteit se prestasie is hopeloos. Dit is uiters ongegrond dat hulle hierdie buitensporige salaristjeks en bonusse ontvang.”
Limpopo-pa vas vir beweerde gru-moord van vier kinders
ʼn Pa van Limpopo is in polisieaanhouding nadat hy Saterdagaand glo al vier sy kinders se kele afgesny het.
Zuma: ‘Polisie sal versterk word om terug te baklei’
Pres. Jacob Zuma het Sondag gesê hy het opdrag gegee dat die polisie met die nodige toerusting en vaardighede toegerus word om misdaad te beveg, maar ook hulself te beskerm.
Man en dogter vas wat vir polisie jok
ʼn Man en sy dogter is Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle die polisie met opset op ʼn dwaalspoor geplaas het in hul soeke na twee “gevaarlike inbrekers”.
Brand breek uit by Jhb-hospitaal
ʼn Brand het Sondag glo by die Helen Joseph-hospitaal in die weste van Johannesburg uitgebreek.
‘Rower’ op Limpopo-plaas doodgeskiet
ʼn Vermeende rower is Sondag in die vroeë oggendure doodgeskiet toe hy by ʼn huis op ’n plaas naby Letsitele in Limpopo probeer inbreek het.
Nuwe vereniging wil veg vir Afrikaans in universiteite
“Ons is bekommerd oor staatsinmenging, transformasie en die viktimisering en afskaling van Afrikaans by ons universiteite en ons weier om te aanvaar dat Afrikaans en Afrikaanse studente in ’n staat van beskuldiging geplaas word.”
SA regering môre by VN in Genève aangekla oor rassekwotas
Die vakbond Solidariteit gaan Maandag ʼn klag by die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie in Genève teen die Suid-Afrikaanse regering indien.
[Video] Klein boekwurm in trane sodra boek eindig
ʼn Video van ʼn babaseuntjie wat in trane uitbars elke keer wanneer ʼn storieboek tot ʼn einde kom, is die afgelope week reeds meer as drie miljoen keer op sosiale media gekyk.
Pa en dogter van Noordwes doodgeskiet
ʼn Pa en dogter van Noordwes is Vrydagaand koelbloedig in hul huis doodgeskiet.
Twee sterf, 16 beseer toe taxi en motor bots
Twee mense is dood en minstens 16 ander beseer tydens ʼn botsing tussen ʼn motor en minibus-taxi op William Nicol-rylaan in Johannesburg Saterdagoggend.
Gedagte vir die dag: Wéés net daar …
Sê vir dié wat bang is: “Wees sterk en moenie bang wees nie.” (Jesaja 35:4a)