Seun doodgeslaan omdat hy koek eet

Oriana Garcia. Foto: ANA-AP

Oriana Garcia. Foto: ANA-AP

Die ma en oom van ʼn negejarige seun van Maryland in die VSA is in hegtenis geneem nadat die seun doodgeslaan is omdat hy ʼn stuk verjaarsdagkoek geëet het.

Oriana Garcia (26) en Jacob Barajas (23) is Maandag in hegtenis geneem vir die moord op Garcia se seun, Jack. Die voorval het glo op 30 Junie gebeur.

Jacob Barajas. Foto: ANA-AP

Jacob Barajas. Foto: ANA-AP

Barajas het Jack na bewering aan ʼn stoel vasgemaak nadat hy ʼn stuk verjaarsdagkoek sonder toestemming geëet het. Garcia se vriend, Robert Wilson (30), het Jack erg aangerand. Volgens die polisie is paramedici na die huis ontbied, maar het Garcia hulle weggewys. Sy het glo gesê die seun het net verkoue en het nie mediese behandeling nodig nie.

Vier ure later is die paramedici weer laat kom. Jack was bewusteloos en het talle snye en kneusplekke gehad. Hy is na ʼn hospitaal gehaas en die voorval is by die polisie aangemeld. Wilson is kort daarna in hegtenis geneem.

Jack het op 5 Julie in ʼn hospitaal in Washington aan sy beserings beswyk. Garcia het haar seun glo ook in die verlede mishandel, het die polisie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Magdaleen

Nie een van die twee is juis baie klein van postuur nie. Seker baaaie verjaarsdagkoek geëet. Hulle dag sal kom!

Rissiepit

Dit is verskriklik!! Oor n stukkie verjaarsdagkoek…. Ek hoop hulle kry wat hulle verdien!

tina

Hierdie arme kind was versaak deur die mense wat hom moes beskerm!!! Hy het nie ‘n kans gestaan nie en dit vir ‘n patetiese stuk koek!! Wat moes in sy hartjie aangegaan het toe sy eie ma en oom dit aan hom gedoen het en dan nog met die hulp van die ma se vriend. Lafaards!! Was seker onder die invloed van dwelms. Ek wens ek kon die outjie help…my hart is sooo seer vir al die mishandelde kinders, oumense en diere :( Ek dink hierdie mense en elkeen wat sulke walglike,afskuwelike dinge doen,kort dieselfde medisyne wat hulle so geredelik… Lees meer »

George

Dit is skokkend … soos hulle die kind op ‘n stoel vasgebind en aangerand het, moet hulle maar hulle beurt op die elektriese ook kry. Ek dink nie baie mense sal ‘n traan daaroor stort nie.

Rissiepit

Skerp Cum Laude…. Vlymskerp!