ʼn Kleuter is dood gevind in ʼn speelpark in Maryland in die VSA waar sy ma steeds besig was om hom op ʼn swaai te stoot.
Lees meerAlles vir Woensdag 27 Mei 2015
Nkandla-aankondiging uitgestel
Die vrystelling van polisieminister Nkosinathi Nhleko se langverwagte Nkandla-verslag wat Woensdag om 19:00 sou plaasvind, is met 24 uur uitgestel.
121 studente vas ná betoging by KZN-kollege
Polisielede in KwaZulu-Natal het Woensdag 121 studente in hegtenis geneem nadat gewelddadige betogings op die Richtek-kampus van die Kollege vir Tegniese Beroepsonderwys en Opleiding (TVET) in Richardsbaai uitgebreek het.
Vermiste bejaarde se liggaam gevind
ʼn 85-jarige man van Somerset-Wes in die Wes-Kaap se liggaam is enkele dae nadat hy vermis geraak het, gevind.
ToekomsVenster: Sy koninkryk bo alle koninkryke
“Watter aspekte van jou lewe weier jy om aan die Here se heerskappy oor te gee?” vra ds. Jannie Pelser in vandag se ToekomsVenster-oordenking.
‘Kapers’ skiet vrou in Jhb-woonbuurt
ʼn 48-jarige vrou is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal nadat sy Woensdag glo tydens ʼn kapingspoging in Johannesburg geskiet is.
Foto’s: Groot verkeersontwrigting ná N1-ongeluk
Vier mense is beseer in ʼn botsing op die N1-noord tussen die John Vorster- en Bothalaan-afritte in Centurion, wat hewige verkeersvertragings veroorsaak het.
Panayiotou hoor dan oor borgtog
Die staat en verdediging het Woensdag hul slotargumente in die Port Elizabeth-landdroshof gelewer tydens die moordbeskuldigde Christopher Panayiotou se borgtogaansoek.
Fifa-arrestasies kring uit
Altesaam 14 mense gaan deur die Amerikaanse departement van justisie aangekla word in verband met die omkoopskandaal wat Fifa getref het.
Stem vir jou taalkeuse op SAID-webwerf
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het ʼn peiling op sy webwerf om te bepaal watter taal gebruikers sou verkies.
Tradisionele geneser in hof oor verkragting van tieners
ʼn 29-jarige tradisionele geneser van Noordwes het Dinsdag in die hof verskyn nadat hy glo twee niggies verkrag het.
Komplikasies ná Maharaj geopereer word
President Jacob Zuma het Woensdag beterskapwense aan sy voormalige adviseur en woordvoerder, Mac Maharaj, gestuur nadat komplikasies ontstaan het ná Maharaj ʼn operasie vir longkanker ondergaan het.
Foto’s: Egpaar verwelkom 100ste kleinkind
ʼn Egpaar van Quincy, Illinois, in die VSA wat al vir 59 jaar getroud is, het onlangs hul 100ste kleinkind verwelkom.
Stellenbosch-bylmoorde: Inbraak by speurtak wat saak ondersoek
Die polisie wou nie Woensdag bewerings bevestig dat bewysstukke en inligting, wat verband hou met die ondersoek na die De Zalze-bylmoorde, tydens ʼn inbraak gesteel is nie.
Pta-hawelose wat in kruisvuur sterf se familie sal haar begrawe
Die familie van Charlene Buys, ʼn hawelose vrou wat Maandag langs haar man, Jaco, in kruisvuur tussen die polisie en drie vermeende rowers in Pretoria doodgeskiet is, se familie is opgespoor en is van voorneme om haar te begrawe.
Sakevrou beweer moetie maak gesin siek
Madelaine van Rooyen, ʼn sakevrou van Ballito in KwaZulu-Natal, het gesê iemand gebruik moetie teen haar om haar luukse huis van R5,5 miljoen in die hande te kry.
Hofsege vir skole se regte verwelkom
Die burgerregte-organisasie AfriForum en die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het ’n hofbevel verwelkom wat Afrikaanse skole voorlopig toelaat om steeds die skool se taal- en toelatingsbeleid toe te pas in die aansoekproses om toelating van leerlinge.
‘Laat publiek toe om sélf ook krag op te wek’, sê Solidariteit
Die elektrisiteitskrisis het op die ou end slegs een oplossing en dit is om die publiek toe te laat om ook krag op te wek, te versprei en te verkoop.
Gedig: Op die berg
Izak de Villiers se gedig, “Op die berg”
Twee vas vir renosterstropery in Mpumalanga
Twee vermeende renosterstropers in Dinsdag naby Hazyview in Mpumalanga vasgetrek.