‘Chaos, vrees’ toe Walmart-skieter losbrand

Argieffoto via Twitter.

“Ek het opgekyk en die bestuurder het die deur oopgemaak en begin losbrand. Ek het gesien hoe verskeie mense na die vloer val – van hulle was geskiet en ander het van hom probeer wegkom.”

Só het Briana Tyler, ʼn werknemer by ʼn Walmart-supermark in die Amerikaanse deelstaat Virginië, aan People gesê nadat sy die massaskietery by die supermark in Chesapeake oorleef het.

Tyler het Woensdag die vreesaanjaende ervaring herleef en die chaos beskryf toe die skieter op haar en sowat 20 van haar kollegas losgebrand het.

“Hy het direk na my gekyk, maar gelukkig my kop net-net gemis,” sê sy.

“Ek het nooit gedink ek sal so iets oorkom nie.”

Tyler het ongedeerd van die voorval afgekom, maar sê sy is steeds in skok, aangesien sy aanvanklik gedink het die skietery is soos ʼn voorbereidingsoefening vir as so iets ooit in die winkel sou gebeur.

Volgens Tyler het die vermeende skieter, Andre Bing (31), wat ook die betrokke supermark se winkelbestuurder was, nie ʼn woord gerep toe hy altesaam sewe mense, ook homself, om die lewe gebring het nie.

Die plaaslike polisie in Chesapeake het Woensdag bevestig dat daar slegs sewe slagoffers was, nie tien soos aanvanklik vermoed is nie. Een van die slagoffers is ʼn 16-jarige inwoner van die gebied. Talle mense is ook in die proses beseer.

Die name van die oorledenes, behalwe die minderjarige, is ook intussen bekend gemaak, berig Insider. Lorenzo Gamble, Brian Pendleton, Kellie Pyle, Randall Blevins en Tyneka Johnson is geïdentifiseer as vyf van die slagoffers.

Diegene wat die skietery oorleef het, word by die Sentara-hospitaal in Norfolk, Virginia, behandel. Die omvang van hulle beserings is egter nie aan die publiek bekend gemaak nie.

Walmart het ook reeds ʼn verklaring oor die noodlottige voorval uitgereik en bevestig dat die vermeende skieter Bing is.

“Ons bevestig dat Andre sedert 2010 by Walmart werksaam was en die posisie as ʼn oornagwinkelbestuurder gevul het,” lui die verklaring.

“Ons is geskok deur die voorval en gee ons volle samewerking aan die betrokke wetstoepassingsowerhede.”

Die supermark sal vir die volgende paar dae gesluit bly terwyl speurders die perseel fynkam.

Tweede meeste massaskietvoorvalle vanjaar

2022 is waarskynlik die jaar waartydens die tweede meeste massaskietvoorvalle in die VSA aangeteken sal word, berig CNN.

Dit volgens data wat deur Gun Violence Archive, ʼn organisasie sonder winsbejag, bekend gemaak is. Dié organisasie hou die getal massaskietvoorvalle oor Amerika heen dop.

Luidens die data is minstens 607 massaskietvoorvalle vanaf Januarie tot November vanjaar aangeteken. Altesame 3 179 mense was by dié skietvoorvalle betrokke wat tot die dood van 637 mense gelei het en meer as 2 500 beseer gelaat het.

Daar was altesaam 690 massaskietvoorvalle verlede jaar, terwyl 610 voorvalle in 2020 aangeteken is. Gedurende dieselfde tydperk verlede jaar was minstens 3 267 mense wat by die voorvalle betrokke, wat tot 645 sterftes gelei het. Dit terwyl die getalle van 2020 wys dat 2 873 mense geskiet is en 463 dood is.

Volgens Gun Violence Archive is altesame 24 mense reeds die afgelope week in massaskietvoorvalle dood en altesame 37 ander beseer.

Daar was boonop tot dusver meer massaskietvoorvalle in 2022 as die aantal dae in die jaar – ʼn tendens wat elke jaar sedert 2019 opgemerk is.

In November alleen was daar minstens 32 massaskietvoorvalle reg oor Amerika. Altesame 177 mense is geskiet, van wie 43 dood is.

Kenners is egter bekommerd dat die aantal massaskietvoorvalle nog voor die einde van die jaar die hoogte in sal skiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Cherokee ·

Daai’s nog niks…. julle moet in Suid Afrika gaan kyk!

Kokerboom ·

Dis vreesaanjaend! Die VSA het werklik ‘n wapenbeheerprobleem

Antie Sarie ·

In SA word wapens deur polisie en hul families / vriende beheer

Cherokee ·

Koker, as jy die VSA vreesaanjaend noem, vertel ons van Suid Afrika. Hoe jy dìt dan beskryf. Ek sal begin met jou beskrywing: Ook ‘n wapenbeheerprobleem, maar teenoorgestelde van die as die VSA. Probleem is vuurwapens uiters moeilik bekombaar. Nou kan jy voortgaan.

E ·

Ek dink dit is meer ‘n geestesgesondheid probleem dalk, mense wat gelukkig is, sal nie ander wil afmaai nie. Ek wonder nog wie die Indiana 4 gedood het? 4 Studente in hulle studentehuis vermoor die laaste week.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Teveel wapens in VSA in omloop wat net te maklik bekom en geredelik beskikbaar is. Dit gemeng met ñ paar freaks en looneys en jy het gewetenlose vuurwerke en moord-orgies!

Republikein in die Wes Kaap ·

Van die weermag veterane is ly nog aan onbehandelde PTSD. Nou wil hulle nog die Russe gaan baklei, duisende myle vêr.

Jaco ·

Wat dan nou van Joe Biden en sy hoogheilige Demokrate se
-gunfree society
-healing America
-human rights
Na amper 2 jaar aan bewind moet Amerika mos al ‘n absolute paradys te wees. So hoe dan nou?

Jacques ·

Wapens is nie die probleem nie. Dit is die persoon wat die wapen besit wat die probleem is. As daar nie vuurwapens was nie sou daar verseker ander metodes gewees het wat meer lewens sou geeis het.

Gaitsigubib ·

In VSA is godsdiens uit skole verwyder, maar dit is nie met enige riglyne vir ‘n waardestelsel vervang nie. Kinders is geleer hy, sy of dit neem sy eie besluite. Verder word hulle van kleins af blootgestsel aan uiters geweldadige visuele vermaak. Verder het die VSA ‘n sag op misdaad benadering. Misdadigers soos die geharde vuilgoed krimineel George Floyd, word n onaantasbare goddelike simbool en voorbeeld van hoe ons kinder eendag moet wees (soos hier by ons ook met die kaders gedoen word). Geen wonder jou morele kompas kan nie meer werk nie.

Hester ·

Die skieters word betaal. Dis n poging van die demokrate sodat hulle kan sê burgers se wapens moet weggevat word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.