Massaskietery in Walmart eis 10 lewens

(Foto: Argieffoto)

ʼn Gewapende man het Dinsdagmiddag tien mense by ʼn Walmart-supermark in Chesapeake, in die Amerikaanse deelstaat Virginië, doodgeskiet.

Die man is vermoedelik die winkelbestuurder en het in die winkel losgebrand voordat hy homself ook om die lewe gebring het.

Volgens BBC het die noodoproep in verband met die skietery om 22:12 Amerikaanse tyd ingekom. Tien sterftes, asook verskeie beserings is aangemeld.

Die Chesapeake-polisie het later die aktiewe skietvoorval met tien sterfgevalle by die Walmart-supermark bevestig. “Die man het homself ook geskiet en is nou dood,” het die Stad Chesapeake getwiet.

Daar is min besonderhede rakende die voorval en geen motief vir die tragedie is al bekend nie.

Louise Lucas, senator van Virginië, sê sy was “in ʼn toestand” oor “Amerika se jongste massaskietery”.

“Ek sal nie rus totdat ons die oplossings vind om die gewapende geweld in ons land tot ʼn einde te bring nie.”

Vyf mense is vroeër die week in ʼn ander massaskietery by ʼn nagklub in die Verenigde State doodgeskiet en 18 is beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Sê maar net ·

Tekens van die eindtyd. Dit gaan net al hoe erger word voor Jesus terugkom, ook hier in ons eie land.

Anonymouse ·

Nee, dis wat gebeur as politiek, geld, godsdiens en mag bo mense lewens gestel word.

Faraway ·

All these are the beginning of birth pains….taking us closer to the Rapture

Althes ·

Iemand wie ñ ander persoon wil seermaak, of doodmaak, sal ñ gevaarlike wapen kry om dood te maak. Dis nie vuurwapens nie, dis mense wie se koppe uithak.

Termiet ·

Ek werk in retail en onbeskofte klante, veral die tyd van die jaar kan enige mens omkrap.

JM ·

As daar oor Jesus gepraat word, dan is daar sommer baie af-gesiggies. Tragies.

LIEZL ·

Hy is, Hy was en sal altyd wees. Mense kan maar aangaan om Hom nie eerste te plaas nie. Hulle maak ‘n groot fout

Andre ·

Hulle moet bietjie na SA se statistieke kyk. Die beheer is dalk dieselfde.

Korrelkop ·

Seker moeg geraak vir al daai dikkes en hulle nar kostuums

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.