Sewe leeus ontsnap van plaas

Argieffoto ter illustrasie (Foto: designerpoint, Pixabay)

Sewe leeus het vermoedelik Maandagaand uit hul kamp op die Ingogo Safaris-wildplaas in Limpopo ontsnap. Inwoners het glo dié leeus Dinsdagoggend in die dorp Alldays, net buite Louis Trichardt in Limpopo, opgemerk.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê die leeus is glo Dinsdag omstreeks 07:00 deur inwoners in die gebied oorkant Speaker Park Fase 1 en 2 in Alldays se polisiëringsgebied gewaar.

Volgens Mojapelo het die polisie van Alldays ná die leeus se ontsnapping dadelik lede van die gemeenskap en boere van omliggende plase gewaarsku om op die uitkyk te wees vir dié leeus.

Vyf van die sewe leeus is glo mannetjies en twee is wyfies.

“Die eienaar van die wildplaas en polisie het dadelik lede van die departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewing en toerisme in Limpopo (LEDET) na dié gebied ontbied,” vertel Mojapelo.

Mojapelo sê dit is nog nie bekend hoe die leeus van die plaas ontsnap het nie.

Mojapelo versoek enigiemand wat dié leeus gewaar om Alldays se polisiestasie by 051 575 1113 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Termiet ·

Hoop hulle het maskers aan, anders gaan hulle hardhandig gearristeer word.

Sê Ook Maar Net ·

Hahaha..Ja Hannes. Lyk my die lockdown is maar moeilik vir almal tot die leeus wil nou al uit.

Cherokee ·

Dankie tog, nou is die diere weer vry. Die publiek moet net gewaarsku word om hulle nie te voer nie, want dit sal hulle te afhanklik maak. Hulle moet vry wees.

Boortor ·

Toemaar! Hulle is vir niemand n gevaar nie! Ons almal is mos toegesluit in ons huise. Daars niemand om te vreet nie!

Sê Ook Maar Net ·

Ja nee….die leeus klim vanaand weer terug oor die draad

Eerlik ·

Hoop hulle word gou gevind, stropers floreer steeds in die tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.