Afsondering: Eskom wil armstes met gratis krag help

(Argieffoto)

Eskom het pogings verskerp om die armste huishoudings te midde van die Covid-19-pandemie te help.

Die kragvoorsiener probeer bewustheid verhoog van sy bestaande program vir basiese elektrisiteit wat gemik is daarop om beperkte gratis elektrisiteit aan behoeftige huishoudings te verskaf.

Diegene wat in aanmerking kom, sluit in werkloses, groepe met lae inkomste, armes en bejaardes. Eskom het ʼn beroep op mense gedoen om as behoeftiges by hul plaaslike munisipaliteit te registreer sodat hulle maandeliks die toegekende hoeveelheid gratis elektrisiteit kan ontvang.

“Kliënte wat as behoeftig geregistreer is, is geregtig op ʼn minimum van 50 kWh gratis elektrisiteit per maand. Na gelang van die munisipaliteit kan dit selfs meer wees,” het Monde Bala, groephoof van verspreiding by Eskom, gesê.

“ʼn Groot aantal behoeftige huishoudings oefen nie dié reg uit nie – óf omdat hulle nie bewus is van die gratis elektrisiteit nie, óf omdat hulle nie by die munisipaliteit geregistreer het nie.”

Nadat ʼn kliënt by die munisipaliteit geregistreer het, word sy besonderhede op Eskom se stelsel gelaai waar die gratis elektrisiteitsbewyse opgelaai word.

Teen die einde van Maart het 900 000 mense reeds vir dié gratis elektrisiteit geregistreer. Slegs 700 000 van hulle gebruik egter die bewyse.

Eskom sê hy werk intussen nou saam met munisipaliteite om te verseker die krag bereik mense.

“Die vennootskap met munisipaliteite gaan baie help om die uitwerking van die Covid-19-afsonderingstydperk op behoeftiges te help verminder,” het Bala gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Burgermeester ·

Hoe? Ek vra met trane in my oë, hoe kan ESKOM dit bekostig? ESKOM het soveel skuld, hoe kan hulle bekostig om elektrisiteit gratis weg te gee? Wat is die kriteria wat gebruik word om te bepaal wie in aanmerking kan kom vir die skema? Is daar nog iemand wat die probleme raaksien, of is dit net ek?

Tino ·

Alles politieke speletjies. Wonder wat hulle gaan eet waneer die gans wat reeds aan asem te kort ly dood gaan?

Seker die WGO, hulle is mos ook ‘n geld honger ja baas organisasie

Nic ·

En behalwe al hierdie opmerkings wat jy maak, voeg nog by dat die “armstes” in elk geval nie betaal vir elektrisiteit nie, hulle koppel eenvoudig aan die naaste kragpaal, dikwels met oop drade wat lewensgevaarlik is.

Chris ·

Weereens ‘n foefie ESKOM – die mense betaal gladnie vir hulle krag nie – hoekom sal hulle nou moeite doen om 50 eenhede gratis te kry en vir die eenhede bokant 50 te betaal?

Fedup ·

Nothing in this country is for free. Someone, and i know who it is, will be paying for that free electricity. Eskom cannot even afford to buy a halve loaf of bread.

Anel ·

En waar gaan die geld vandaan kom? Hulle betaal alreeds niks nie. Gaan daar weer van die blankes verwag word om te betaal en as ons nie wil nie word ons met beurtkrag gedreig? Vat van die sogenaade ryke mense en gee vir die sogenaamde armes. Komunistiese idioligie. Enigste land in die wêreld waar toelaes aan werkloses betaal word om nie te werk nie maar om te vermeerder. Waar die minderheid moet sorg vir die meerderheid, waar hulle net moet gee maar mag niks ontvang nie, of moet vir toelaes betaal maar nie mag kwalifiseer om ook daaruit voordeel te trek nie. Vir hoe lank nog?

Yolandie ·

Ja Anel jy slaan die spyker so op sy kop…….want dit is hoe die ANC die menigte wat alles verniet kry lojaal hou.

Pieter ·

Het enigeen van hul al ooit in verlede elektrisiteit betaal? Niks hoef mos te verander om dit nou kastig gratis vir hulle te gee nie, ons 8% betaal mos al vanaf 1994 die 100% se rekeninge.

Charles ·

Daar is die volgende krag vehoging nou amptelik weer aangekondig.
Dit is belaglik hierdie klomp narre.

Jaco ·

word arm wit mense hier ook uitgesluit NET omdat hulle wit is?

Maritha ·

Gaan dt ook nou wees soos die ander hulp?
1. Jy moet swart wees
2. Jy moet ANC stem………

Eerlik ·

Ons gaan weer heffings kry en die wat wel betaal kry meer loadshedding as die wat onwettige or gratis konneksies kry. Dis beslis geen geheim dat blankes nie hiervoor sal kwalifiseer nie.

DieKriek ·

My pensioen is gesny met R1300 per maand want dis n belegging wat swak doen weens SA se bankrokskap. My Eskom rekening is op met R200 per maand, maar wat sal Eskom nou omgee…

Hekwag ·

Ons moes in 1994 al ons tasse gepak het. Nie eers die virus gaan iets aan hierdie saak verander nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.