In plaas daarvan om op die MRK-ondersoek te wag, moet die universiteitsbestuur in die openbaar verskoning vra vir die verbod op Afrikaans, en die proses om die taalbeleid te hersien onmiddellik weer begin, met die eksplisiete doel om gelyke status aan Afrikaans en Engels te waarborg, meen die DA.
Lees meerAlles vir Donderdag 25 Maart 2021
Onteieningswetsontwerp geen oplossing vir grondhervorming, sê IRR
“Dit sluit huise, pensioene, eiendomspersele, mynregte, aandele en effektetrusts in – dit word alles gedek deur die wetsontwerp se definisie van ‘eiendom’ – en dit sal alles kwesbaar wees vir onteiening of nul- of onvoldoende vergoeding.”
E-tolbesluit kan nie weer uitgestel word nie, sê AA
“Die bevindings uit die 2019-verslag dui ook dat meeste mense ʼn paar jaar gelede al ʼn beginselbesluit geneem het om nie te betaal nie.”
Twee in hof oor beleggingslenter
Sowat R2 miljoen is na bewering in die twee mans se bankrekening inbetaal deur voornemende aandeelhouers.
Marciel Hopkins oor TV-boere, liefde vind en aktrise wees
“Die proses is beslis nie vir een van hulle maklik nie en hulle is so toegewyd om liefde te vind,” vertel Marciel Hopkins oor die TV-boere wat vanjaar liefde soek. Sy verklap ook meer oor haar eie liefdesverhaal wat in die agtergrond afspeel.
Bestuurder geskors ná voorval oor tradisionele drag
Die sentrumbestuurder van Boulders-winkelsentrum in Midrand, Gauteng, is geskors ná hy ʼn man in tradisionele Ndebele-drag gevra het om die sentrum te verlaat.
Uiteenlopende menings kenmerk voorleggings oor onteiening
Uiteenlopende menings het die eerste helfte van die openbare voorleggings in die parlement oor die beplande wysiging van artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, gekenmerk.
ToekomsVenster: Die gesig van armoede
Ek wonder wat sou Jesus gedoen het?
Aandag, aspirantskrywers! Winterskool is om die draai!
Die ATKV-skryfskool se slypskool vir opkomende skrywers vind vanjaar aanlyn plaas.
SA ent te stadig in – kenner
Nog net ongeveer 0,35% van Suid-Afrika se bevolking is in dié stadium teen Covid-19 ingeënt.
Kommissie soek ‘straf, nie verskyning’ vir Zuma
Die Zondo-kommissie se regspan voer aan Zuma se versuim om te getuig is ʼn poging om aanspreeklikheid te ontduik.
Kyk: Pragfoto’s van Christusbeeld in Rio
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Foto’s: Spinnebok laat koppe krap
“Ek het nog nooit so iets in die natuur gesien nie.”
#JongStemme: Om te studeer waar dit werk
Op sosiale media het ’n oom my gelukgewens met my matriekuitslae, maar volg dan met die woorde dat dit jammer is dat ek by Akademia studeer, skryf Marisha Hermann.
Taalgebruik: ‘meet’
Die Engelse ‘meet‘ kan in Afrikaans deur verskeie woorde vervang word. Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind.
Minstens een sterf in Kaapstadse betogings
Verskeie paaie was Donderdag weer gesluit weens betogings wat in dié stad voortduur.
Chris Chameleon: Om te weet wanneer om op te hou
“Maar, het jy nog iets om te sê?” Conrad leun agteroor in sy sitplek aan die tafeltjie waarby ons gepeusel het voor die vertoning, skynbaar onbewus van die trefkrag van sy stelling, skryf Chris Chameleon.
Universiteite se taalbeleid en die toekoms van Afrikaans
Maklik was dit nog nooit nie, maar die koste om bloot aan verengelsing toe te gee, is net té hoog vir individue en gemeenskappe om dit nie te doen nie.
Corruption Watch ontvang naasmeeste klagtes ‘sedert ontstaan’
Die organisasie sê die meeste klagtes verlede jaar is oor die polisie en diegene in die gesondheidsektor ontvang.
‘Besope’ man gryp polisie se wapen, vuur skote
Die man het glo die deur van die polisievoertuig oopgeruk, die polisiebeampte se dienspistool gegryp en skote in die lug afgevuur.