Die beskuldigde het die geld gebruik om sonpanele by haar huis te installeer en luukse items, asook ʼn woonwa en ʼn voertuig vir haar skoonseun te koop. Sy het ook vir haar dogter se troue én haar gesin se naweekuitstappies en vakansies betaal.
Lees meerAlles vir Vrydag 5 April 2024
Binnelandse sake (tydelik) weer Saterdae oop
Die kantore sal van 08:00 tot 13:00 oop wees.
50-jarige gered ná sy 15 m by Tafelberg val
Die stapper en haar gesin was aan’t stap toe sy skeefgetrap en 15 m van die roete afgetuimel het.
Pta-sakeman beseer in panga-aanval
Die eienaar van ʼn sakeonderneming in Kameeldrift-Wes is na die hospitaal vir onmiddellike behandeling gehaas. Die verdagtes het met goedere ter waarde van sowat R45 600 van die toneel gevlug.
Opgeskorte vonnis ná ma eie seun ernstig aanrand
Die seun het wonde aan sy gesig en liggaam opgedoen en het weens die aanranding inmekaargesak.
Bekende in ruiterkringe ernstig beseer ná val
Janita Doyer, ʼn bekende perdeteler en ruiter van Mpumalanga, is tans in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat sy van haar perd geval en haar nek gebreek het.
Aanvalle op hulpwerkers was ‘fout’, erken Israel
Israel sê sy hommeltuigspan het ʼn “gewapende skieter van Hamas” geteiken toe hulle Maandag drie lugaanvalle op hulpwerkers van die Amerikaanse liefdadigheidsorganisasie World Central Kitchen (WCK) in Gaza uitgevoer het.
Gatoorkop by vertoning, maar Franse duiker lag lekker saam
Alexis Jandard, wat tydens die seremonie ʼn gesinchroniseerde roetine saam met twee ander duikers op ʼn duikplank van drie meter hoog uitgevoer het, het iewers misgetrap en eers op sy rug op die duikplank en toe in die water beland. En daarna was dit internet toe met hom.
ToekomsVenster: Die dimensies van die kruis
Jesus het jou lief sodat jy die maatjie langs jou kan liefhê. Dit werk nie anders nie. Die een is voorwaarde, die ander die noodwendige gevolg.
Innibos dek gesellige tafel vir hutspot van vermaak, kultuur
Die fees se tema is “Wenresep” en vind oudergewoonte in die hartjie van die winter in Mbombela (Nelspruit) plaas.
Kyk hoe hop so ʼn weeldewa
Nee, dit is nie vir bendebase nie, al het die jongklomp op TikTok dit dalk só laat lyk. Die nuwe Mercedes-Benz GLS se sogenaamde hop-funksie het ʼn doel – en ʼn belangrike een:
Geringe skade ná skepe in Kaapstad-hawe bots
Ambassador Cruise Line, wat die Ambience besit, sê ondanks die hulp van twee sleepbote en ʼn loodsboot kon die skip nie sy posisie in die sterk rukwinde handhaaf nie.
Resolusie aanvaar: ‘Hou Israel aanspreeklik vir moontlike oorlogsmisdade’
Die resolusie is die eerste keer dat die VN se menseregteraad standpunt inneem rakende die oorlog tussen Israel en Hamas.
Grondgrypers op staatsgrond by Allandale verjaag
“Hierdie onwettige handelinge vertraag broodnodige ontwikkeling en die verskaffing van dienste wat vir gemeenskappe bedoel is.”
Luister: Só kry oudste sendingdorp in SA sy naam
Daar is ʼn ryk en diverse geskiedenis rondom die herkoms van Afrikaanse plekname, en ʼn gedeelte hiervan lê in Suid-Afrikaanse sendingdorpe.
Poskantoor begin met aflegging van 4 700 werkers
Sedert 2014 het Sapo meer as R10 miljard van die belastingbetaler ontvang, tog is 6 000 werksgeleenthede sedertdien verlore – ʼn getal wat nou na verwagting tot meer as 10 000 sal toeneem.
‘OME!’: Brendan, Janae en kie kuier laaste keer saam
Daar het al baie water in die see geloop sedert Brendan Peyper sy hart vyf maande gelede vir Janae Stander gegee het.
Beurtkrag bly opgeskort
Suid-Afrikaners het nou al nege beurtkragvrye dae agter die rug.
Blitsbokke baie beter, maar harde werk lê voor
“Ja, daar was nog foute, maar ons sal dit regstel en môre ʼn sterker vertoning op die veld lewer.”
Hoekom bly Riemvasmaak-polisiestasie se deure toe?
’n Dekade nadat die grond aangekoop is om die Riemvasmaak-polisiestasie te bou, moet gemeenskapslede steeds 80 km ver reis om by die polisie uit te kom.