50-jarige gered ná sy 15 m by Tafelberg val

(Foto: WSAR/Facebook)

ʼn 50-jarige vrou is Maandagmiddag van Tafelberg gered nadat sy tydens ʼn staptog ongeveer 15 m tussen Indië Venster en Platteklipkloof geval het.

Luidens ʼn plasing op Wildernis-soek-en-redding (WSAR) se Facebook-blad het ʼn toegewyde span professionele helpers, asook vrywilligers van WSAR op die voorval gereageer.

“Die stapper en haar gesin was aan’t stap toe sy skeefgetrap en 15 m van die roete afgetuimel het.

“Haar gesin het dadelik die noodnommer geskakel.”

ʼn Reddingspan verbonde aan die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand se EMS/Air Mercy Service (AMS), asook ʼn reddingshelikopter is na die toneel ontbied. Reddingswerkers is daarna tot naby die beseerde stapper afgehys.

Sy is op die toneel deur paramedici behandel en in ʼn reddingsdraagbaar geplaas, voordat sy van die berg afgehys en na ʼn nabygeleë landingsone gevlieg is.

Die 50-jarige is daarna na die naaste hospitaal vir behandeling geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.