Ingevolge ʼn hooggeregshofbevel het die NRDBV nou magtiging om ʼn wakende oog te hou oor duisende vee, meestal skaap, wat bestem is vir uitvoermarkte in die Midde-Ooste.
Alles vir Vrydag 5 April 2024
Swaar straf vir moord op polisieman met eie dienspistool
Die staatsaanklaer het aan die hof gesê die optrede is gelykstaande aan gesinsgeweld “en die samelewing wag met opgehoue asem om te sien of vroulike beskuldigdes met meer genade hanteer word as manlike beskuldigdes in gevalle van gesinsgeweld”.
Klag teen SA’ner wat glo vir Israel veg
Palestine Solidarity Campaign (PSC) het ’n strafregtelike klagte teen ene Benjamin Rattle ingedien – ’n Suid-Afrikaanse jong man wat na bewering in die Israeliese weermag dien.
Max gee pas aan in eerste oefensessie
Max Verstappen het goeie herinneringe aan Japan. Hy spog immers met twee agtereenvolgende oorwinnings op die Suzuka-renbaan.
Deon Meyer-aksiefliek maak Netflix-geskiedenis
Die plaaslike aksierolprent Heart of the Hunter is skaars ʼn week op Netflix te sien en het reeds geskiedenis gemaak as die eerste rolprent uit…
Onwettige mynwerkers vlug toe polisie by Sabie toeslaan
“Ons sal met hierdie ontwrigtende klopjagte voortgaan totdat ons ’n einde aan onwettige mynbedrywighede maak,” sê die polisie in Mpumalanga.
Vermiste hond 3 700 km ver van haar huis gevind
“Dis ʼn storie wat Hollywood graag sal wil vertel.”
VSA-gevangenes wil baie graag sonsverduistering beleef
Ses gevangenes in die VSA het owerhede gedagvaar om toestemming te bekom om vanjaar se grootste astronomiese gebeurtenis te beleef – die algehele sonsverduistering op 8 April.
Duisende baat al by Shoprite se beginner-tuinkissies
Shoprite het beginner-tuinkissies aan 300 huishoudings in gemeenskappe in verskeie provinsies gegee wat genoeg vars produkte vir ʼn gesin van vier vir minstens ʼn jaar kan kweek.
VSA druk Israel al harder: hulproetes na Gaza oopgestel
In ʼn gespanne halfuurlange foonoproep Donderdag, het Amerika se pres. Joe Biden aan Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, gesê Amerikaanse beleid oor Israel berus op die beskerming van burgerlikes en noodlenigingswerkers in Gaza – die eerste aanduiding van moontlike voorwaardes verbonde aan Washington se militêre steun.
Bravo, Blitse!
Die Blitsbokke is nog onoorwonne in Hongkong nadat die Suid-Afrikaners met Ierland en Spanje afgereken het.
Praag-hospitaal voer aborsie op verkeerde vrou uit
’n Hospitaal in Praag vra om verskoning nadat medici ’n ongevraagde aborsie op ’n pasiënt uitgevoer het nadat personeel haar met ’n ander vrou verwar het.
Fliekresensie: Godzilla, King Kong meet kragte in fliekteaters
Dit is die soort fliek wat jy op ʼn Vrydagaand gaan kyk as jy die breinselle wil laat rus, of jou wil verbeel die monsters kry jou onsimpatieke baas beet.
Sjarmante Emmanuel steel harte in blyspel
“Dié musiekblyspel vind aanklank by so baie mense, want Abba se musiek is van ʼn musikale én tegniese oogpunt af net belaglik briljant.”
Video: ‘Op watter platform hoort ek as entrepreneur?’
Magriet Groenewald se jongste wenk vir entrepreneurs is om seker te maak jy gebruik die regte sosialemediaplatform vir jou onderneming.
Riebies as topskool aangewys
“Elke kind is eiesoortig en moet op die unieke plek ontmoet word waar hy of sy tans is, en dán begelei word na waar hulle wil én kan wees.”
Resep-video: Burger-tacos
Hierdie burger-tacos is ʼn ideale opsie vir enige burgerliefhebber wat ʼn bietjie kreatiwiteit in hul maaltyd wil insluit.
Kursus vir enigiemand wat graag wil liedjies skryf
Musiek is ʼn universele taal wat harte kan aanraak. Die kuns is egter om jou boodskap só te verpak dat soveel mense moontlik dit hoor en met ander deel. As jy nog altyd ʼn liedjie wou skryf of dalk hierdie vaardigheid wil opknap is dit nou jou kans! Maroela Media en Akademia se skryfskool, Skryfnet, spog met ʼn opwindende kursus wat gemik is op enigiemand wat graag betekenisvolle musiek wil skep.
BELA-wetsontwerp gaan onderwysprobleme vererger – AfriForum
Die burgerregteorganisasie hou vol dat “die toenemende sentralisering van mag in die hande van die staat en die gevolglike ontmagtiging van skole se beheerliggame rampspoedige gevolge vir onderwys in die land kan beteken”.
Geldtekort knak Gautengse welsynsorganisasies
Bejaardes wat afhanklik is van maatskaplike toelae is veral kwesbaar omdat hulle gesubsidieer word.