VSA druk Israel al harder: hulproetes na Gaza oopgestel

‘n Lugfoto van ontwortelde Palestyne in ‘n tentkamp in Rafah, Gaza. (Foto: Said Khatib/AFP)

Israel het Vrydag aangekondig hy sal “tydelike” noodlenigingsaflewering na die noorde van Gaza toelaat, slegs ure nadat die VSA gewaarsku het oor ʼn skerp wysiging in sy beleid oor die oorlog daar.

In ʼn gespanne halfuurlange foonoproep Donderdag, het Amerika se pres. Joe Biden aan Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, gesê Amerikaanse beleid oor Israel berus op die beskerming van burgerlikes en noodlenigingswerkers in Gaza – die eerste aanduiding van moontlike voorwaardes verbonde aan Washington se militêre steun.

Ure later, in die middel van die nag in Jerusalem, het Israel aangekondig hy gaan meer hulproetes na die versperde Gaza-gebied oopstel.

Israel se oorlogskabinet het “tydelike” aflewerings van noodlenigingshulp via die Ashdod-hawe en die Erez-oorgang goedgekeur, asook verhoogde aflewerings uit naburige Jordanië en die Kerem Shalom-oorgang, het Netanyahu se kantoor gesê.

Die Withuis het die stap vinnig verwelkom, dit as “op versoek van die president” bestempel” en gesê die stappe moet nou “vinnig en volledig in werking gestel word”.

Israel is onder toenemende internasionale druk oor die tol wat sy ses maande lange oorlog teen Hamas eis en loop toenemend deur onder berisping van sy grootste bondgenoot, Washington.

Sedert die 7 Oktober-aanvalle, wat die oorlog ontketen het, het Israel se teenoffensief die lewe van minstens 33 037 mense geëis, ʼn syfer wat toegeskryf word aan die Hamas-beheerde departement van gesondheid in Gaza.

Daar is ook toenemende kommer oor verergerende en katastrofiese hongersnood in die streek.

Palestyne in die noorde van Gaza moet sedert Januarie oorleef op ʼn gemiddeld van ʼn skamele 245 kalorieë per dag; dit is minder as ʼn blikkie bone, het die organisasie Oxfam gesê.

Kinders woon ‘n klas in ‘n tent-klaskamer in Rafah, Gaza, by. Groot kommer heers oor die uitwerking van die voortslepende oorlog op kinders in die gebied. (Foto: Said Khatib/AFP)

Welwillendheidsorganisasies beskuldig Israel ook herhaaldelik daarvan dat hy noodlenigingspogings frustreer en konvooie teiken. Noodlenigingswerkers probeer die gety van groeiende hongersnood stuit. Vandeesweek het dit duidelik geword presies hoe gevaarlik hul werk is nadat sewe vrywilligers wat voedselhulp in Gaza versprei het, in ʼn Israelse aanval dood is.

“Die aanvalle op humanitêre werkers en die algehele humanitêre situasie is onaanvaarbaar,” het Biden luidens die Withuis aan Netanyahu gesê.

Biden het dit ook duidelik gestel dat “Amerikaanse beleid oor Gaza bepaal word deur ons assessering van Israel se onmiddellike optrede” om die humanitêre situasie te verbeter.

Biden, ʼn groot ondersteuner van Israel, is onder toenemende druk – in ʼn verkiesingsjaar – oor sy reaksie oor die oorlog in Gaza. Sy bondgenote druk hom om die miljarde dollar wat Washington aan militêre hulp stuur, onderworpe te maak aan Netanyahu wat die situasie in bedwang hou.

John Kirby, woordvoerder van die VSA se nasionale veiligheidsraad, het Biden se “groeiende frustrasie” met Netanyahu bevestig en ook benadruk dat Amerikaanse steun vir Israel se veiligheid nie onbuigbaar is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Grassie ·

Netanyahu het te lank gedraai. Hy het aanvanklik beloof om vinnig en beslissend teen Hamas op te tree. Dit lyk egter vir my of ou Bibi begin spoed verloor weens internasionale druk, wat deur Hamas en hul geesgenote aangestook word. Hy moes nou al klaar gewees het en net sy skouers opgetrek het oor kritiek van buitestaanders. As hy teen die huidige trant voortgaan gaan daar uiteindelik genoeg van Hamas oorbly om in die nabye toekoms weer ellende te veroorsaak.

Kosie ·

Blote lippetaal; beteken niks.
Sny Israel se geld en wapens af, dan weet mens jy is ernstig, maar nee, dit sal nooit gebeur nie want te veel van die senators en verteenwoordigers is daar met joodse geld en word in lyn gehou met sekere materiaal wat op Epstein se eiland verfilm is.
Die wêreld word bestuur deur ‘n spul waansinnige pedofiele wat almal na ‘n derde wêreld oorlog wil sleep.

Jan Jacobs ·

Kosie lekker om van jou te hoor, iemand wat iets weet.

Michael ·

Hulle moet die hamas terroriste druk om die onskuldige Israeli wat hulle ontvoer het vry te laat

Johan ·

Een uit elke Palistyn is ernstig gewond of dood, meeste hiervan is kinders. Die Sioniste is absoluut boos, dan gee hul nog voor dat hulle Isra_l is ook.

Wilhelm ·

Wil net weet wie het al die gemors begin was dit Israel of hamas???????????????

Jan Jacobs ·

Mooi Johan, darem nog n ligpunt. Lewer asb kommetaar oor die suid afrikaner wat vir Isreal veg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.