Spaanse tenniskroonprins op titelkoers

Carlos Alcaraz in aksie in Madrid. (Foto: X/ATP Tour)

Carlos Alcaraz is op koers om sy derde titel op ʼn streep in Madrid in te oes nadat hy vir Thiago Seyboth Wild met 6-3 en 6-3 geklop het.

Die 20-jarige Spanjaard sukkel deesdae met beserings, maar hy het ongetwyfeld op alle suiers teen sy Brasiliaanse teenstander gevuur.

“Ek is tevrede met die gehalte van my spel. In aanloop tot die wedstryd het die senuwees so ʼn bietjie geknaag omdat ek nie heeltemal seker was hoe my voorarm sou reageer nie – Thiago is immers ʼn baie sterk speler,” het Alcaraz gesê.

“Ek is egter baie bly dat ek die knoop kon deurhak; veral nadat ek so byna ʼn voorsprong van 5-0 in die tweede stel prys gegee het.”

Die voormalige wêreldnommereenspeler het die kleibaantoernooie in Monte Carlo en Barcelona weens sy armbesering misgeloop, maar hy lyk honger vir sukses in die Spaanse hoofstad.

Hy sal in die volgende ronde teen Jan-Lennard Struff te staan kom.

Intussen speel Rafael Nadal later vandag teen Pedro Cachin.

Die 37-jarige Nadal het Saterdag vir Alex de Minaur in Madrid uitgeskakel om sy eerste oorwinning teen ʼn top-20-teenstander in twee jaar te vier.

Uitslae:

Aryna Sabalenka klop Robin Montgomery met 6-1, 6-7 en 6-4

Danielle Collins klop Jacqueline Cristian met 3-6, 6-4 en 6-1

Daria Kasatkina klop Anastasia Pavlyuchenkova met 7-6 en 7-5

Alexander Zverev klop Denis Shapovalov met 6-4 en 7-5

Taylor Fritz klop Sebastian Baez met 6-2 en 6-3

Carlos Alcaraz klop Thiago Seyboth Wild met 6-3 en 6-3

Hubert Hurkacz klop Daniel Altmaier met 6-4 en 7-6

Andrey Rublev klop Alejandro Davidovich Fokina met 7-6 en 6-4

Tallon Griekspoor klop Holger Rune met 6-4, 4-6 en 6-3.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.