Klag teen SA’ner wat glo vir Israel veg

‘n Skermskoot van ‘n plasing deur Benjamin Rattle.

Deur Matthew Hirsch en GroundUp

Die Palestine Solidarity Campaign (PSC) het ʼn strafregtelike klagte teen ene Benjamin Rattle, ’n jong Suid-Afrikaanse man wat glo ʼn lid van die Israelse weermag is, aanhangig gemaak.

Die klag is by ’n polisiestasie in Kaapstad ingedien. Die aktivistiese organisasie voer aan Rattle oortree minstens een Suid-Afrikaanse wet met sy beweerde betrokkendheid by die Israeliese weermag.

Rattle het sedert die uitbreek van die konflik tussen Israel en Hamas verskeie plasings op sy sosiale media, waaronder Instagram, gedoen. In een van dié plasings poseer ’n man, oënskynlik Rattle, geklee in ’n weermaguniform met masjiengeweer in die hand voor verskeie bouvalle. Die ligging op Instagram is gemerk as Gaza.

Die plasing gaan gepaard met ’n pro-Israeliese inskrywing.

‘n Skermskoot van ‘n plasing deur Benjamin Rattle.

Dit wil op sy sosialemediarekeninge egter voorkom of Rattle al vantevore in Kaapstad en Hermanus gewoon het.

“Die plasings dui daarop dat Rattle in die Israeliese weermag dien as óf ʼn vrywilliger óf ʼn lid, dat hy moontlik in die Gaza-strook in die besette Palestina aan diens is en dat hy trots is op sy rol in die Israeliese weermag,” sê PSC in dokumente wat by die polisie ingedien is.

Die organisasie sê hoewel hy nie tot enige besliste gevolgtrekkings oor die plasings kan kom nie en nie Rattle self op die plasings kan identifiseer nie, die organisasie nietemin glo dat die persoon in die plasings moontlik Rattle is.

Die organisasie doen ʼn beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), die minister van justisie, Ronald Lamola, en die minister van polisie, Bheki Cele, om ondersoek in te stel en meer oor Rattle te wete te kom.

“Deur in die Israeliese weermag te dien en namens Israel betrokke te raak by militêre optrede in Gaza blyk dit dat Rattle” die Statuut van Rome oortree het, sê PSC.

Die organisasie wys daarop dat die Wet op die Regulering van Buitelandse Militêre Bystand die lewering van buitelandse militêre bystand deur Suid-Afrikaanse burgers bepaal.

“Die wet is van toepassing op alle Suid-Afrikaanse burgers en permanente inwoners en buitelandse inwoners wat binne Suid-Afrika is en verbied sulke persone om buitelandse militêre hulp te verleen …

“Indien die persoon in die afskrifte van die Instagramplasings Rattle is, blyk dit dat daardie persoon twee Suid-Afrikaanse wette oortree het en daarom dien ons hierdie strafregtelike klagtes by die toepaslike owerhede in Suid-Afrika in vir dringende oorweging en ondersoek en, indien nodig, vervolging.”

Die organisasie sê hy het reeds die handtekeninge van 1 200 mense met ’n aanlyn petisie bekom. Diegene wat die petisie onderteken het, doen ʼn beroep op die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, om Suid-Afrikaners wat by die Israeliese weermag aansluit, te vervolg.

GroundUP was intussen in verbinding met Rattle en dié het vanuit die Midde-Ooste bevestig dat hy tans op die grens van Libanon gestasioneer is.

Rattle het ook gesê hy is trots om namens Israel te veg en “die Jode te beskerm”.

“Ek dink die Suid-Afrikaanse regering behoort skaam te wees vir sy optrede wat die Joodse gemeenskap in Suid-Afrika in gevaar gestel het en gekeer het dat Jode probeer om die saak te help deur huis toe te kom om hul gesinne te besoek,” het Rattle onder meer by navraag aan GroundUP gesê.

  • Hierdie berig is oorspronklik op GroundUp geplaas en word met vergunning gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Goldy ·

Hierdie geloofsorganisasie gaan almeer dink hulle besit almal en kan almal dwing wat om te doen. Laat hulle terugstaan.

Nici ·

Sou seker die regering se goedkeuring wegdra as hyvir Hamas baklei het.

Kosie ·

Ek is seker sy ouers is ook baie trots op hulle seuntjie wat deel is van die volksmoord. Regtig manhaftig daar met sy groot Amerikaans vervaardigde wapen, terwyl hy help dat vrouens en kinders sterf van honger. Meneer Rattle, jy is medepligtig aan die volksmoord; jy is medepligtig aan die opblaas van hospitale, jy is medepligtig aan die plat skiet van kerke en die moord op vrouens en kinders. Mag jy jou regmatige loon ontvang.

Marietjie ·

Trots op jou Rattle! Hierdie pisbalies wat hul terreur boeties wil beskerm moet gaan vlieg.

JohanR ·

Bly daar Benjamin Rattle. Jy het niks in hierdie nuttelose ANC land verloor nie!

Jan Jacobs ·

Maar sy ouers se generasie het geweier, om suid afrika op die grens te beskerm.

Fran ·

en hierdie patetiese regering meng in met sake wat NIKS met ons te doen het nie!

Oros Soros ·

Enigeen kan seker ‘n klagte lê vir ondersoek. Om te kla en te beweer is egter nie dieselfde as om skuld te bewys nie. Hoeveel van die organisasies lê klagtes vir mediadekking net met die oog om buitelandse befondsing te bekom?

Fran ·

TROTS op die seun! Kosie, kalmeer. Sit en haal diep asem. Jy en jou geliefde anc sal wel later agterkom watse gemors julle aanjaag!

Debbie ·

Hoe is dit dat daar n wet in ons land is wat vir jou sê vir wie jy mag en nie mag ondersteun nie en in watter land jy mag en nie mag gaan bly nie.

Sobymykoolkop ·

As ” regverdige” organisie sal hulle darem seker die Suid Afrikaners wat in gaza teen Israel veg en sodoende die
“wet” ook uitreik en sake teen hulle maak.

Jan Jacobs ·

Fran jy en Kosie gebruik duidelik nie die selfde nuus bron nie. Fran weet jy ooit hoehom Hamas Isreal aan geval, ek glo nie jy weet nie. Ek glo nie Kosie ondersteun die Anc nie, hy weet net waar van hy praat.

Kuver ·

Hoe weet jy dit jan jacobs, ken jy hulle, sois iemand vroeer hier gevra het, as hy vir hamas geveg het sou jy iets gese het……ek glo nie, miskien sou jy hom geprys het……

Carl ·

Stuur die weermag om hom te gaan haal, of die polisie! Dit sal nogal snaaks wees. Oom Beki kan sommer saamvlieg om te observeer. Of het hy klaar Riemvasmaak se polisiemag gestuur?

Jan Jacobs ·

Kuver, party mense doen navorsing ou grote ons glo nie die hoof stroom media lieg stories nie. Google net die woord aipac, en lees vir wie hulle donasies gee. Dis geen “conspiracy” nie kyk maar self.

Jan Jacobs ·

En Kuver as ek kon sou ek enige tyd teen die antichriste die wapen opneem.

Keelvol ·

@ Kosie. Watse volksmoord praat jy zodanig van? Die hospitale waarna jy so kamstig versus word deur die terreur groep Hamas gebruik om wapens en springsstof te berg. Dit tussen zwanger vrouens in de kraamsaal. Rattle kan gaan veg vir Israel as hy wil. Jy het geen reg om Benjamin Rattle te oordeel nie..

kragaap ·

Goed gedaan Mr. Rattle. Eintlik veg jy terrorisme van die ergste tipe. Kosie calm down to a slight panic, wie bou basisse onder skole en hospitale ?

Keelvol ·

Jan Jacobs, duidelijk glo jy als wat die media en anc vir jou vertel. Doen n bietje navorsing en dan Sal jy sien dat die palistyne daarop uit is om Israël uit te wis. Niks regverdig hamas terroriste se optrede van 7 Oktober nie. Wat hulle gedoen het was volksmoord. Waar is jou kritiek toe gewees? Toe Bly jy en Jodie met die anc stil. Toe kyk julle almal ander pad. Julle moet julle koppe in skaamte laat sak.

Jan Jacobs ·

Keelvol die selfde groep wat die VSA nou afpers met geld, het die Britte finansier in die boere oorlog. Gaan google wie het Cecil John Rhodes gehelp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.