Bravo, Blitse!

Die Blitsbokke dis goeie spel in Hongkong op. (Foto: X/Blitsbokke)

Philip Snyman is duidelik ʼn rugbyman wat doen wat hy beloof het.

Die tydelike Blitsbok-hoofafrigter het in aanloop tot die sewesaksie in Hongkong gesê dat ʼn sege teen Ierland ononderhandelbaar is.

Nou ja, Suid-Afrika het nie net die vlieënde Iere met 22 – 17 geklop nie, maar die span het ook pas die Spaanse sewesarmada met ʼn eindtelling van 24 – 10 gesink.

Die Blitsbokke lyk weer lus om die toeskouers met hul spel te vermaak en van hul drieë teen Ierland was uit die boonste rakke.

Ja, hulle moes vasbyt nadat Justin Geduld in die tweede helfte met ʼn rooi kaart van die veld gestuur is, maar hulle het genoeg vooraf – soos wat ʼn voorsprong van 22 – 0 getuig – gedoen om die wedstryd te wen.

Teen Spanje was daar aanvanklik ʼn paar benoude oomblikke, maar Quewin Nortjé en Dewald Human het hul sokkervaardighede uitgestal om die Suid-Afrikaners se eerste drie te druk, terwyl Shaun Williams net voor rustyd ook die verdedigers geflous het.

Daarna het Darren Adonis tot die driedrukfees bygedra, terwyl Williams se tweede drie – ʼn onderskeppoging – die finale spyker in die Spanjaarde se doodskis was.

Dit is nog vroeg in die toernooi, maar dit lyk of daar met hernieude woema in die Blitsbok-trui gespeel word.

Suid-Afrika speel môre om 04:16 in sy laaste groepwedstryd teen Samoa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

kragaap ·

Die nuwe afrigter maak definitief ‘n reuse verskil in ‘n kort tyd vandat hy aangestel is. En kan jy glo met dieselfde spelers ? Hy weet duidelik waarvan hy praat. Wel gedaan blitse en Philip Snyman.

Les ·

Korrek Kragaap.

Die kwota afrigter het n clue gehad nie en teen bykans elke liewe span verloor,maar shame man…deelname is mos alles en wen % maak nie meer saak nie

kragaap ·

Dankie vir die beaming Les. Maak nie saak die prestasie nie solank kwota teikens vir spelers en afrigters bereik word is als reg. Gelukkig is daar die wat anders dink.

piet ·

Ons sal kyk of hierdie afrigter ‘n toernooi kan wen soos die vorige afrigter. Die span is in ‘n maklike groep gekeur vir hierdie toernooi, sal van die kwarteindstryd af teen die groot spanne speel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.