Video: ‘Op watter platform hoort ek as entrepreneur?’

Magriet Groenewald. (Foto: Verskaf)

Magriet Groenewald en Maroela Media deel praktiese wenke oor hoe om jou eie onderneming te begin en só ʼn inkomste te verdien.

Wenk 6: Op watter platform hoort ek as entrepreneur?

In die vorige wenk-video sê Magriet dit is belangrik om as entrepreneur ʼn goeie aanlyn teenwoordigheid te hê.

“Verbruikers is groot dele van die dag op hulle fone besig om te blaai deur sosiale media. Maak seker jy het ʼn goeie teenwoordigheid sodat mense meer van jou en jou diens kan leer.”

Magriet se jongste wenk is om seker te maak jy weet op watter sosialemediaplatform jy as entrepreneur hoort.

“Kyk waar is jou kliënte en waar hulle hulle tyd bestee. Gaan kyk ook na die grootste platforms, Facebook, Instagram en TikTok. TikTok is nie meer net vir die jonges nie! Die goeie nuus is jy kan een video maak en dit op al drie platforms deel,” sê Magriet.

Kyk hier na die vorige wenk-video’s.

Meer oor Magriet Groenewald

Magriet is die eienaar en stigterslid van Magriet.co, ʼn aanlyn sosialemediasakeskool.

Dié kreatiewe donkerkop se passie is om entrepreneurs, sake-eienaars en beïnvloeders te bemagtig om hul aanlyn voetspoor te vergroot en sodoende hulleself én hul produkte beter te bemark.

Sy het tydens die afgelope nege jaar in die bedryf al saam met talle bekendes gewerk. Sy woon tans in Somerset-Wes saam met haar man en drie van hul vyf kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.