Video: ‘Versterk só aanlyn teenwoordigheid as entrepreneur’

Magriet Groenewald. (Foto: Verskaf)

Magriet Groenewald en Maroela Media deel praktiese wenke oor hoe om jou eie onderneming te begin en só ʼn inkomste te verdien.

Wenk 5: Versterk jou aanlyn teenwoordigheid

In dié wenk-video gee Magriet drie nuttige wenke oor sosiale media en hoe dit aangewend kan word om jou produk of dienste te bemark.

“Onthou, dit is belangrik dat mense jou moet ken en vertrou voordat hulle by jou gaan koop. Deur sosiale media te gebruik, bou jy basies vir jou ʼn handelsmerk op,” sê Magriet.

Magriet se jongste wenk is om seker te maak jy het ʼn goeie aanlyn teenwoordigheid. “Verbruikers is groot dele van die dag op hulle fone besig om te blaai deur sosiale media. Maak seker jy het ʼn goeie teenwoordigheid sodat mense meer van jou en jou diens kan leer,” sê Magriet.

Kyk hier na die vorige wenk-video’s.

Meer oor Magriet Groenewald

Magriet is die eienaar en stigterslid van Magriet.co, ʼn aanlyn sosialemediasakeskool.

Dié kreatiewe donkerkop se passie is om entrepreneurs, sake-eienaars en beïnvloeders te bemagtig om hul aanlyn voetspoor te vergroot en sodoende hulleself én hul produkte beter te bemark.

Sy het tydens die afgelope nege jaar in die bedryf al saam met talle bekendes gewerk. Sy woon tans in Somerset-Wes saam met haar man en drie van hul vyf kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.