Video: ‘Sosiale media ʼn entrepreneur se beste vriend’

Magriet Groenewald. (Foto: Verskaf)

Magriet Groenewald en Maroela Media deel praktiese wenke oor hoe om jou eie onderneming te begin en só ʼn inkomste te verdien.

Wenk 4: Sosiale media is jou beste vriend

In die vorige wenk-video verduidelik Magriet waarom dit belangrik is om as entrepreneur jou produk in die mark te toets en om nie weg te skram van kompetisie in die mark nie.

Magriet se jongste wenk is om sosiale media tot jou voordeel aan te wend om blootstelling aan jou diens of produk te gee.

Sy gee die volgende drie nuttige wenke oor sosiale media:

  • Skep ʼn besigheidsblad op Facebook.
  • Deel inligting wat interessant is en wat waarde bied. Moenie net verkoop nie, maar dink regtig watter inligting jou bladsy se volgelinge sal geniet.
  • Maak seker jy deel ten minste drie keer per week inhoud op jou sosiale media. Só begin jy jou handelsmerk bou en mense leer jou ken.

“Onthou, dit is belangrik dat mense jou moet ken en vertrou voordat hulle by jou gaan koop. Deur sosiale media te gebruik, bou jy basies vir jou ʼn handelsmerk op,” sê Magriet.

Kyk hier na die vorige wenk-video’s.

Meer oor Magriet Groenewald

Magriet is die eienaar en stigterslid van Magriet.co, ʼn aanlyn sosialemediasakeskool.

Dié kreatiewe donkerkop se passie is om entrepreneurs, sake-eienaars en beïnvloeders te bemagtig om hul aanlyn voetspoor te vergroot en sodoende hulleself én hul produkte beter te bemark.

Sy het tydens die afgelope nege jaar in die bedryf al saam met talle bekendes gewerk. Sy woon tans in Somerset-Wes saam met haar man en drie van hul vyf kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.