Die 42-jarige prinses het nie die presiese omvang van die diagnose bekend gemaak nie, maar het die laaste paar maande, sedert sy in die hospitaal opgeneem is, as “ongelooflik moeilik” vir haar en haar gesin beskryf.
Lees meerAlles vir Vrydag 22 Maart 2024
Egiptiese monnik, priester bly agter tralies oor moorde by kerk in SA
Die twee word daarvan beskuldig dat hulle verlede Dinsdag in die vroeë oggendure drie priesters by die perseel van die Kopties-Ortodokse Kerk van Suid-Afrika, waar hulle almal gewoon het, doodgesteek het.
Nóg klagte teen ‘vakansieswendelaar’
Francois Swart het na bewering verskeie voornemende vakansiegangers uit duisende rande geswendel. AfriForum se privaatvervolgingseenheid verteenwoordig nou talle klaers wat strafregtelike klagte teen hom ingedien het.
Steeds g’n gasheer vir Statebondspele
Birmingham het tydens die laaste Statebondspele op betreklike kort kennisgewing as gasheer ingespring nadat Suid-Afrika – meer spesifiek Durban – gedwing is om weens verskeie redes, waaronder finansiële probleme, as gasheer kop uit te trek.
Twee seuntjies sterf in staaltrommel
Hoewel die presiese omstandighede nog ondersoek word, is die vermoede dat die deksel toegeslaan het toe die kinders daarin geklouter het.
Aardverwarming kan kospryse, inflasie laat styg – studie
Die uitwerking op voedselpryse en inflasie weens toekomstige aardverwarming gaan die felste gevoel word in “streke wat reeds warmer is”, en veral in armer en ontwikkelende dele van die wêreld. Afrika en Suid-Amerika gaan die vastelande wees wat die meeste geraak word.
Vrae oor MK se groot verkiesingsplakkate
Hoewel die MK-party se baniere nie aan die Tshwane-metro se standaardgrootte voldoen nie, is dit steeds goedgekeur.
BSV: Trouklokke vir een, ooievaarsviering vir ʼn ander
Een van “Boer soek ʼn vrou” se gewildste boere én ʼn bekende deelnemer het vandeesweek onderskeidelik lewensmylpale bereik.
Naweek van beurtkrag wag
Weens die behoefte om noodreserwes op te vul en die verlies van drie opwekkingseenhede oor die afgelope 24 uur, sal fase 2-beurtkrag Vrydagmiddag inskop.
Reën se Nolene sprei vlerke met sokkietreffer
“Ek sal altyd so dankbaar vir Reën wees en ek het soveel geleer, maar ek gun dit vir Richann en myself om alleen die waters te toets.”
FSCA kan reuseboete by Jooste-boedel eis
Die owerheid sê omdat die boete reeds ten tyde van sy dood aan hom opgelê is, verander Markus Jooste se dood nie die uitwerking daarvan nie.
ToekomsVenster: Die vier vingers wat terugwys
Kan jy sien hoe dit belangstelling wek, liefde ontsluit? As daardie vermaning seermaak, is dit waarskynlik nie liefde nie.
Grudetail oor moord op Britse egpaar onthul
“Dit wys op ʼn samelewing wat geen respek vir lewe het nie en waar bejaardes en ander kwesbare burgers ʼn maklike prooi vir misdadigers geword het.”
Speaker tuis; ‘geskok’ oor berigte van arres
Nosiviwe Mapisa-Nqakula is intussen steeds met spesiale verlof terwyl sy voorberei om haar teen die “bewerings en flagrante en straffelose skending van haar goeie naam te verdedig”.
NVG bevestig lasbrief vir Markus Jooste
Die NVG het bevestig daar is vroeër in die week lasbriewe uitgereik vir die inhegtenisneming van wyle Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van die ineengestorte Steinhoff-groep.
Rentekoersverligting? Nog vasbyt lê waarskynlik voor
Verbruikers sal onder groot druk bly met minder besteebare inkomste, meer skuldafbetalings en stygende lewenskoste.
Topstut Frans kry weer sy voorrykans
Frans Malherbe sal saam met Andre-Hugo Venter en Brok Harris in die Stormers se voorry vir die wedstryd teen Edinburgh in Kaapstad wees.
DA verkla ANC by MRK oor waterkrisis
Dit is bykans drie dekades sedert sekere provinsies met waterkrisis sukkel en daar is slegs een provinsie wat nie ʼn dreigende waterramp in die gesig staar nie.
Markplein beïndruk antiekmark se uitstallers
Die Voortrekkermonument se nuwe markplein het Donderdag gasheer gespeel vir 70 uitstallers van die monument se gewilde antiekmark.
Etzebeth terug vir Sharks
“Ons moet meer fisieke spel opdis. Suid-Afrikaners is mal daaroor om vuur met vuur te beveg, maar tans laat ons onsself en ons ondersteuners in die steek met ons vertonings.”