Die tweede leeu is nog nie gevind nie.
Lees meerAlles vir Dinsdag 16 Augustus 2022
Skok, medelye ná plaasmoord in Noord-Kaap
Die moord op ʼn bejaarde vrou en die ernstige aanranding van haar man op ‘n plaas naby Olifantshoek in die Noord-Kaap, stuur opnuut skokgolwe deur dié rustige provinsie.
Lewenslank ná man met motor in skare ploeg
Hy het in Desember 2020 in ʼn groep Kersfees-inkopiegangers geploeg. Ses mense, insluitend ʼn baba, is dood.
Lotto-baas bedank ‘met onmiddellike effek’
Haar bedanking kom net twee weke nadat daar berig is dat geld vanaf die nasionale lotery wat gebruik moes word om ʼn afgebrande skool in Limpopo te herbou, aangewend is om ʼn huis in ʼn duur gholflandgoed vir haar te koop.
Weerdiens waarsku oor bibberweer in die Wes-Kaap
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Dinsdag ʼn waarskuwing uitgereik vir ysige weersomstandighede vir die res van die week in die Wes-Kaap.
ToekomsVenster: Oorvloedige Sonkrag
Hy is Immanuel, die Son van geregtigheid. Jou energiebehoeftes is beantwoord.
Regering vat dalk sy kans met goedkoper petrolprys
Outa sê daar is sterk aanduidings dat die minister die brandstofheffing gaan verhoog, om die skrap van e-tol te verreken.
‘Geen geregtigheid’ tien jaar ná Marikana-slagting
Die polisie en regering is Dinsdag opnuut daarvan beskuldig dat hulle Suid-Afrikaners keer op keer in die steek laat.
Werk aan waterpype ‘geen rede tot paniek’
Opgraderingswerk sal van Vrydag tot Dinsdag gedoen word, maar dit beteken nie noodwendig ʼn onderbreking in watervoorsiening nie.
Beseerde seun red pa uit water
Ondanks sy eie beserings én die golwe wat in die getypoel breek, het die tienerseun tot sy pa se redding gekom en hom tot in die vlak water tussen die rotse gehelp.
Lang pad na herstel vir Kruger-aasvoëls
Veeartse is nog nie seker watter langtermynskade die aasvoëls opgedoen het weens die vergiftiging nie.
Vrou vermoor tydens Noord-Kaap-plaasaanval
Die man is in die veld gekry en hospitaal toe geneem.
Marko meen Red Bull het inderdaad vlerke
“In vorige jare het ons onder die stadigstes in die pylvak getel. Nou is ons die vinnigste.”
Verkiesingsdrama in Kenia
Nou hou almal asem op en hoop dat daar nie ʼn herhaling van 2007 se verkiesing sal wees nie.
Alec Baldwin-skietery ‘’n ongeluk’ – verslag
Aanklaers het nog nie besluit of enige aanklagte in die saak aanhangig gemaak sal word nie.
Beurtkrag weer vandag ingestel
Eskom sê daar is “ʼn sterk moontlikheid” dat beurtkrag vir ʼn paar dae sal geld.
Nuwe Robbie Wessels-liedjie pronk op Top-20
Dié grapjasakteur en musikant is terug met ʼn nuwe enkelsnit.
Video: Olifante red kalf wat in dammetjie val
ʼn Video van olifante wat ʼn kalfie van verdrinking red, roer die hartsnare.
Karoo-kinders bevorder Afrikaans speel-speel
Die FAK was gasheer vir die grootste speletjieolimpiade in die land – en dit in Afrikaans.
Vrou vrees vir lewe, maar polisie sit glo hande gevou
Die slagoffer het glo by haar werksplek bedank en na ’n plek van veiligheid gevlug uit vrees vir haar lewe.