Beurtkrag weer vandag ingestel

(Argieffoto)

Fase 2-beurtkrag sal Dinsdag tussen 16:00 en 24:00 geld weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit.

Suid-Afrikaners kan boonop verwag dat beurtkrag vir ʼn paar dae sal duur.

“Daar is ʼn sterk moontlikheid dat beurtkrag ook Woensdag en Donderdag gedurende dieselfde tyd ingestel kan word,” lui die kragvoorsiener se verklaring.

“Eskom sal wel enige verwikkelinge hieroor eersdaags aan die publiek kommunikeer.”

Volgens die kragvoorsiener kom die opwekkingstekort nadat ʼn eenheid by die Arnot-kragstasie en drie by die Tutuka-kragstasie binne die afgelope 24-uur onklaar geraak het.

Daar is ook vertragings om die eenhede by die Arnot-, Kusile en Tutuka-kragstasie te herstel, “wat erge druk op die kragnetwerk plaas”.

Eskom staan in dié stadium sowat 4 550 MW af aan beplande instandhouding, terwyl ʼn bykomende 14 182 MW onbeskikbaar is weens onbeplande onderbrekings.

“Ons doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

En so breek als heel terloops op dieselfde tyd? Amazing toevalligheid.

Jack ·

Dit is nogal skokkend.Ons het gemiddeld nou net 9-10 dae krag en dan weer beurtkrag.Het hierdie land en ESKOM nou al so hard in die grond geduik dat dit nie meer krag kan voorsien vir meer as 10 dae aaneen lopend nie ? Voor 94 het ons nie geweet van krag onderbrekings nie.Daar was nie so iets nie.

Nie Verbaas ·

Kyk net watter party is in beheer en jy sal verstaan.

Antie Sarie ·

Is hulle ook in beheer in Duitsland, NZ, Aus onder andere? Dalk ook in Engeland en Kanada met hulle “rolling blackouts

pompies ·

Nou ja hulle kan nie voorsien nie, maar verhogings wil hulle he en nie net n bietjie nie sommer baie hoe verhogings vir die beurtkrag wat hulle uit deel.

Nie Verbaas ·

En ons doen n beroep op Eskom om van al sy oortollige en hopelose werknemers ontslae te raak en bekwame personeel aan te stel wat nie korrup is nie. Het dit nog tot niemand daar deurgedring dat Eskom in sy huidige toestand nooit sal verander as daar nie drastiese stappe geneem word nie?

Di ·

En RAMPIE is nou DOODSTIL na al sy LEE beloftes met sy laaste familie byeenkoms op TV! Geweet dis te goed om waar te wees, hoe kan jy ooit ‘n kommunis vertrou! Die lys met NAME van ervare mense wat Eskom uit gemors sou help is seker ook in asblik gegooi, TE WIT gewees. So sal ons nou maar aankarring totdat die krag PERMANENT af sal wees

Harley Davidson ·

Useless is al wat by my opkom .sit ‘n persoon soos Neil froneman in escom duidelik is de Ruyter uit sy liga.

krodedil ·

De Ruyter is die CEO en is vir alles in Eskom verantwoordelik. Versztaan jy die woord CEO?

Samuel ·

Die dood het altyd ‘n oorsaak. Natuurlik gaan beurtkrag vir die res van die week geld en moontlik die naweek ook. Dankie, Eskom.

Jr ·

ONS DOEN N BEROEP OP ALLE SUID AFRIKANERS OM ELEKTRISITEIT SPAARSAAMIG TE GEBRUIK SODAT ONS JOU 30% MEER KAN VRA EN JOU JENNY EN DIE SONSKYN KAN TAX. SAAM KAN ONS MEER DOEN HA HA HA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.