Lotto-baas bedank ‘met onmiddellike effek’

Thabang Charlotte Mampane (Foto: NLK-foto)

Skrywer:  Raymond Joseph, GroundUp

Die kommissaris van die Nasionale Loterykommissie (NLK) het met onmiddellike effek bedank, net weke voor haar ampstermyn aan die einde van September sou verstryk. Dit is volgens verskeie bronne.

Thabang Charlotte Mampane was 10 jaar lank uitvoerende hoof van die NLK. Haar eerste vyfjaartermyn is in September 2017 verleng.

Die NLK is oorweldig deur korrupsie die afgelope paar jaar. GroundUp het onthul hoe honderde miljoene rand se loteryfinansiering verkwis is onder Mampane se bestuur. Wat GroundUp berig het, is waarskynlik ook net die oortjies van die seekoei.

Haar bedanking kom net twee weke nadat daar berig is dat geld vanaf die nasionale lotery wat gebruik moes word om ʼn afgebrande skool in Limpopo te herbou, aangewend is om ʼn huis in ʼn duur gholflandgoed vir haar te koop.

Pecanwood-gholflandgoed. (Foto: Pecanwood se webtuiste)

Die huis in die spoglandgoed Pecanwood Estate in Hartbeespoort het R3,6 miljoen gekos en is in 2016 in die Mojakgomo-familietrust se naam geregistreer. Mampane en haar gesin is begunstigdes van die trust en sy en haar man Samuel is albei trustees.

Mampane se huis is een van talle wat GroundUp onthul het met toelae vir die NLK aangekoop is. Dié geld was geoormerk vir goeie sake, veral in landelike gemeenskappe.

Mampane het verlede jaar R4,5 miljoen verdien en het dieselfde dag as wat die GroundUp-berig gepubliseer is, met verlof gegaan.

Mampane sou deur dissiplinêre optrede in die gesig gestaar word in verband met die gebruik van die geld om haar huis te koop. Dit is egter nie duidelik watter impak haar skielike bedanking op dié proses sal hê nie.

Thendo Ramagoma, die voormalige adjunk van die NLK se kuns en kultuur-verspreidingsagentskap, neem waar as kommissaris sedert Mampane met verlof gegaan het.

Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) ondersoek tans die aankope van die huis en stel ondersoek in na korrupsie met loterygeld sedert pres. Cyril Ramaphosa in Oktober 2020 ʼn proklamasie onderteken het om die ondersoek goed te keur.

Die SOE het Mampane onlangs versoek om vrae te antwoord oor die aankope van ʼn huis ter waarde van R3,6 miljoen in 2016. GroundUp, wat al die aankope van die huis ondersoek sedert ʼn wenk verlede jaar ingedien is, het ʼn paar weke later sy storie gepubliseer.

Onder Mampane se bestuur was die NLK se verhouding met Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, wat toesig hou oor die lotery, vyandig en talle regsake het al gevolg (sien hier en hier). Kommunikasie tussen die minister en die NLK het grootliks skriftelik, in die vorm van prokureursbriewe, plaasgevind.

Dit is nie die eerste keer dat Mampane uit ʼn hoëprofiel-amp bedank nie. Sy het in 2010 as uitvoerende bedryfshoof van die SAUK bedank toe sy op kringtelevisie betrap is dat sy ʼn raadsvergadering afluister waar haar prestasie bespreek is.

Dit was ná die SAUK se raad se swak prestasie die vorige maand voor Skoor (die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge). Ná die Skoor-verhoor was Mampane onder druk om haar amp te verlaat, maar sy het in die pos aangebly.

Sy het in 2012 ʼn “goue handdruk” van R4,3 miljoen van die SAUK ontvang om haar kontrak voortydig te kanselleer. Sy het kort daarna as kommissaris by die NLK aangesluit.

Mampane het nie reageer op ʼn versoek om kommentaar oor haar bedanking nie, wat via WhatsApp en Signal aan haar gestuur is.

NLK-woordvoerder Ndivhuho Mafela het gesê hy is nie bewus van Mampane se bedanking nie en probeer om dit te verifieer. Hy het nog nie met die ter perse gaan reageer nie.

  • Hierdie berig is oorspronklik op GroundUp gepubliseer. Lees dit hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Oosieoos ·

Hulle sal moet a tronk bou net vir Anc lede want ons harloop nou uit lang termyn besprkings

Lillian ·

So probeer sy vervolging ontwyk met dié skielike bedanking.

Carol ·

Wat n skande dat mense so baie geld verdien in n geld insameling orginisasie wat veronderstel is om arm mense op te hewe.R12500.00 per dag , shoe ek wil ook daar gaan werk.Wonder wat se kwalifikasies moet jy he

Christine ·

Ek kan dit nie meer vat nie. Hierdie mense is korrup in murg en been, die hele lot van hulle.

Nikolaas ·

Dat geld wat oneties verkry, dmv dobbelary, oneties spandeer word, gaan nie die verstand te bowe nie.

ES ·

Nee, sy dink dalk so maar as hulle besluit om haar te vervolg kan sy aanspreeklik gehou word. Bedanking uit jou pos spreek jou nie vry van jou aksies tydens hou indiensneming nie.

Yvonne ·

Genoeg is net nooit genoeg nie,,,,en gaan daar iets gebeur…..waarskynlik nie

VannieBaai ·

Ag hoekom dan nou nie??? As Zuma mag, mag sy ook seker?

Maritza ·

Hoop hulle vat al die huise en karre terug en gooi haar in die tronk!!!

Ontnugterde senior ·

Dis tyd dat mense in hoe posisies wat vir korupsie gevang word onmiddelik tronk toe gestuur word totdat die ondersoek afgehandel is en hulle permanent toegesluit word.

Esme ·

Nogal ironies dat Rama…. en Rampokker byna in dieselfde asem genoem kan word.

ES ·

Daar was ‘n hofsaak wat vroeg hierdie jaar in die appelhof ten gunste van ‘n maatskappy bevind het dat ‘n werknemer steeds aanspreeklik gehou kan word vir wanbestuur of vir wandade en dat bedanking voor ‘n dissiplinere verhoor jou nie vryspreek van dissiplenere aksie of aanspreeklikheid nie.

Miena ·

Dit is inderdaad korrek ja. Daar kan by skuldigbevinding n bevel deur die hof gemaak word dat al daardie fondse verhaal kan word van die persoon se pensioenfonds.

Wolkie ·

Dit bly skokend om te hoor hoe miljoene rande wegraak uit staats instansies EN dat dit maar oraait is, want meeste van die tyd word hulle wat onregmatig gevat het, nie eers vervolg nie. Dit het Suid-Afrika se leuse geword: “dit is ok om te vat wat nie joune is nie”.

Jr ·

So as jy bedank, dan is dit alles vergewe. Sit haar in n tronk. Sy is n habitual krimineel

fs ·

hoekom word sy toegelaat om so lank bedrog te pleeg en dan los rond te loop met net n bedancing… SLUIT HAAR TOE EN VAT ALLES WAT SY BESIT!!!!

Blikkies ·

Sy moes al lankal agter tralies gesit het. Die beslagleggings eenheid moes al vanoggend haar bank rekenings gevries het, en beslag gele het op absoluut alles wat sy besit.

Miena ·

Maak nie saak of sy bedank het nie – sy moet maar tot verantwoording geroep word. Al die dade is gedoen in haar termyn wat sy in kantoor gesit het en die pos beklee het. Punt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.